Die kantgordyn hang
voor die gekraakte ruit
En die mense het lankal al
gevlug en verdwyn
Die seisoenwind gooi sy asem
oor die rooi stoep en sy asem gaan
lê in die kraak van die ruit
om liggies aan die kantgordyn
te ruk en pluk.
Eens steek die gordyn tong uit
wanneer die venster eindelik
aan skerwe spat, in klein stukkies…
Net soos die mense wat eens hier
gewoon het
Leave a Reply