Oppad na Paul Roux,
langs die stof-grondpad,
lê die pienk en wit
kosmos soos gesmelte roomys.
Oppad na my siel,
in die koue winter
smelt jou woorde
soos roomys in my hart.
Ek wens myself weer by jou
Ek wens myself ’n plekkie
in die son. Jou woorde lê
steeds gesmelt in my hart.
Die winterson maak tog warm
die somer bries koel my af
jou woorde vertroos my en
my hartklop is pienk-en-wit kosmos
Jy is my kosmos
Jy is my son
Jy is my Paul Roux
Jy is…
Ek saai woensdae aande n gedigte en storie program uit op elan global radio, internetradio. Ek sal graag van jou gedigte wil voorlees maar ek het skriftelike toestemming nodig van jou. Indien jy instem kan jy asb net n kort epos na woordennoot@gmail.com stuur. Hierdie gedig gaan so by my tema vir die volgende twee weke inskakel
LikeLike
Alles reg. ek stuur gou e mail
LikeLike