Hierdie dag is datumloos
Hierdie dag is plekloos
Hierdie dag is tydloos.
Wat word van my?
Die dag is die huil leeg.
Wat word van my?
Hierdie dag het sy asem uitgeblaas.
Wat gaan van my word, sonder jou
wat word tog van my?
Ek soebat en vra mooi,
ek bedel, pleit en neul, bly by my, bly by my.
Pamperlang my verlang
Kom soek en snuffel weer by my
Kom knoei, kriewel en torring weer
by my.
Wat word van my?
Bly tog net by my.
“vir Daizy”
Leave a Reply