die jong kind van die veld
met sy rooi-vel-skoene en
gansveer in sy skurwe handjie
draai en swaai, draai en swaai
om ritme-liefde in die aarde te saai
met sy tiekie-tiekie-draai en swaai,
want hy dans die karoo in
die suidoos-wind se wilde waai,
die verdwaalde wilde kind met sy
rooivelskoentjies, tiekie draai en swaai,
net vir die aarde.
Leave a Reply