Jy is die grond-sinkplaat-pad
Wat die vreugde en geluk uit my tap
Jy is die rooigrond pad se gly
Wat vreugde van menswees uit my sny
Jy is die byevanger – voëltjie se soet
Wat die seer-haat in my weer terug roep
Jy is die wrede liegbek laksman
Wat my bene en hart vir altyd verlam
Jy is die heilige, brakende filantroop
Wat die laaste bietjie vertroue uit my stroop
Jy is die ontploffende petrol-vuur
Wat dink jy is ʼn harde-kool-bosveldvuur
Jy het my gebrand
Jy het my uitgebrand
Jy het my aangerand
Scatter the ashes…
Skitterend
LikeLike
baie dankie
LikeLiked by 1 person
😭
LikeLike