VIR HENRY
Soos ʼn bosveld se rooi-sonsondergang.
Soos ʼn reënwolk oor die karoo
Soos ʼn fontein in die kloof
So is jy.
Deur die buffelsgras stap jy
onder die melkweg en maan.
Deur die donderweer lag jy
soos ʼn meester en sy
‘rooi-bontes’
Aan jou voete sit wysheid.
In jou hande hang lewe,
in jou oë die drome.
Want in jou hart
brand ʼn vuur van omgee.
In jou kyk die van ʼn
leeu wat liefhet en beskerm.
In jou slaap is heuning se soet
wat ʼn bitter hart weer
sag kan maak.
Jou skouers die van ʼn bergkrans
waaraan ʼn mens kan vashou as jy val.
En jou lag is die lag wat my weer
optel as ek val.
Want jy siel is die trooster vir
die wat seer saamdra.
Stanley cierenberg
Leave a Reply