BOEK/BEKEND/STELLING. HIERDIE IS NIE NET ‘N GEWONE BOEKBEKENDSTELLING WAAR IEMAND OP ‘N STOELTJIE GAAN SIT EN VRAE VRA NIE. Dit gaan in die styl van storievertelling wees. Die wat my persoonlik ken weet dat dit ekstra drama gaan bevat. Dit is baie belangrik dat die wat belang stel en genooi word RSVP by die teater. Daar is NET 40 plekke beskikbaar. Dit sal ook slim wees om ‘n boek voor die vertoning te kry (R130). Dit sal die storie meer verstaanbaar maak. Bespreek by die Pierneef teater. Tel nr (012)329-0709.
Leave a Reply