My paalwoning is maar eenvoudig
Eenvoud sonder enige verskoning
Die jakkalshond wat lui blaf
wanneer die ape mekaar jaa’, so laf.
My plaaslyn bly bedags beset,
want die son se besies klets
die son se blomme langs my paalwoning
kleur my swart-geel in.
My Paalwoning is maar eenvoudig.
Net soos die aap, net soos die son se besie,
Net soos die jakkalshond,
Maar eenvoud het vlerke gekry,
Net soos die sterre vlerke het.
Nou vlieg ons saam
Leave a Reply