Jy maak jou oë toe as jy die blues sing
ek hou myne toe as jy die boodskap bring
ek wil jou woorde in ‘n mooi net vang
en dit aan ‘n gou kettinkie om my nek hang
bly by my sodat ons ver kan ry
verder as enige onthou
verder as al die vergeet
verder as al die seer
my groen trui van onthou.
Leave a Reply