DIE BERRYS

Mens kry baie vreemde soorte mense. As jy net om jou kyk, sal jy sien sommige mense praat snaaks, vat aan die punte van hulle neuse, krap oneindig aan hulle ore en sommige mense (veral vroue met lang hare) draai hulle hare so om die wysvinger, oor en oor en oor , totdat daardie stuk hare so gekoek is dat die beste haarkpaster in trane sal uitbars en die pyn in daardie vrou se opblaas-swembad-blou-oë gaan lê om nooit weer weg te gaan nie.

So woon die Berry gesin in ‘n baie mooi, welige woonbuurt. Naweke stroom die karre en mense daarheen, maar hulle sit nooit in die tuin en kuier nie. Altyd weggesteek agter toe gordyne. Sulke Arabian lappe wat hang.

“Wat gaan hier aan?” sê ek eendag vir Patsy by die Algemene Handelaar.

“Jong, bly maar liewer weg as jy weet wat goed is vir jou.” en sy staan met die engelse komkommer en point na my. Haar bril hang laag op haar neus en sy loer oor die kant van die brilletjie.

“Hoe bedoel jy?” sê ek vir Patsy

“Jy sal maar moet gaan kyk. Maar dis nie op my gewete nie. Jy enter on own risk.”

“Maar wat kan so vreeslik wees? Is dit die meubels? Is dit die ornamente? Is dit die Arabian lappe wat ek deur die venster sien?” wil ek weet.

“My lips are sealed” en sy druk daardie komkommer in my hande.

Vir eers wil ek opgewonde raak.

“Everreddy” is die eerste woord wat in my mond kom lê.

“Nee, ons het net Duracell….die een met die goue kop” en Patsy loer weer.

Daardie middag laat is my nuuskierigheid so groot, ek sukkel om my broek vas te kry en ek gaan klop aan die Berrys se deur.

‘n Man wat soos ‘n Karoo-Ysterklip lyk maak die deur oop. Smile breed en ek kan sien die tande is iewers gekoop, teen ‘n bargain.

Agter hom staan ‘n vrou, die lyk of ‘n kraai in ‘n vinknes gaan probeer kruip het. Dis ‘n hartseer prentjie.

“Kom in”

“Ek glo nie daaraan nie” sê ek.

“Nee, man, kom drink koffie” en Kraai smile.

“Daardie kat lyk honger” sê ek vir Kraai.

“Dis ‘n opgestopte kat. Al jare dood” en Kraai streel die ding met die albaster oë se kop

Ek weet dat ek nie in hierdie plek moet sit of kuier nie. Hier dans winkelpoppe kaal en lewendig rond. Ek wil net my sak vat en loop toe ek die groot oranje muur sien.

Ek sit my donkerbril op, want ek dog eers die son kom vir die tweede keer vandag op.

“Dis ‘n mooi oranje” sê Kraai.

Karoo ysterklip het nog niks gesê nie.

“Dis spesiaal gemeng vir daardie muur” gaan Kraai voort

“Dit kan ek sien, ja.”

“By the way, my naam is Blue” en die vrou steek ‘n patetiese hand uit wat lyk of dit gedurende begrafnisse gebruik word.

“Daardie oranje is baie special” sê Karoo-Ysterklip.

“Dis nogal skerp” sê ek

“Dis baie special” – Karoo-Ysterklip.

“Hulle het ons besteel….Bleddie skelms” – weer Karoo-Ysterklip.

“Ag, Rob, stadig. Ons het kuiermense” en Blue raak waterrig.

Net daar besef ek wat aangaan en ek hardloop by die gesteelde oranje muur verby, die deur uit, pad af tot by Patsy.

Sy staan weer met ‘n komkommer in die hand….

“ROBBERY EN BLUEBERRY” huil ek….

“Ek het jou gesê.

#geeonsonsdaagliksesuiker

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: