Malutieberg, Drankensberg, Swartberg.
Maar die grootste berg bly Cierenberg
En nou het die laaste tarentaal-veer uitgeval
En gefladder na wie weet waar.
Maar, soveel ongepraate sinne en woorde
Maar die lang-tyd se rympie – Jesus maak my hartjie rein-
Bly draai en draai in my kop soos ‘n ou refrain.
Ek het die liedjie begin sing, sommer met optel-woorde
Maar toe kom pa en die afskeur-kiekie
bly hang teen die muur net ‘n bietjie
teen die muur net ‘n bietjie, net ‘n bietjie langer.
En snags as ek sterre pluk, droom ek oor wat ek nie gehad het
En bedags as die wind deur my waai, koggel die leempte my.
Maar ons woorde sal altyd daar bly
“vieriekies, kadoef en polliewitvoet” dis sal vir ewig bly.
Maar flenter jeans, slap-hang-t-shirt en ongekamde kop
het nie saak gemaak, en sal nie saak maak
want doerie tyd se ‘join the dots’en inkleur
het die mooiste prentjie gemaak.
Maar flenter jeans, slap-hang-t-shirt en ongekamde kop
het nie saak gemaak, en sal nie saak maak
want doerie tyd se ‘join the dots’en inkleur
het die mooiste prentjie gemaak.
Huis, Paleis, Pondok varkhok
Slangetjies en leertjies met ‘n dobbelsteen
Met ‘n pot vol boontjie sop, bou ek kastele met stukkende stene.
#geeonsonsdaagliksesuiker
So mooi
LikeLike
Baie dankie sonell
LikeLiked by 1 person