DIE GEBED VAN ’N KIND
mammie is dit waar wat hulle my sê?
dat Jesus my hartjie ook wil hê
vertel my van die engeltjies daarbo
wat mammie my sê sal ek altyd glo
my kindjie my kindjie jy moet altyd glo
en vertrou op ons liewe vader daar bo
hy wil ons hê, vir jou en vir my
hy sal ons altyd op regte weg lei
kom kniel hier by mammie dat ons bid vir hom
hy wat gemaak het die maan en die son
sak om die woorde van ’n kindjie so klein
liewe jesus maak my hartjie rein
U wil geskied
Amen
Leave a Reply