KOTIE, KOWIE ‘N OOM EN ANTIE MET ALLES

 

 

Op ‘n klein dorpie, in Kort straat, werk twee susters. Kowie by die haberdashery en Kotie by die klein kêfie net langs Kowie.
Die twee susters was letterlike en figuurlik baie naby aan mekaar, woon in dieselfde huis en doen saam inkopies.
Kowie wou graag modeontwerp gaan leer en Kotie wou hotelskool toe, maar nie een van hulle se drome het waar geword nie. Hulle het toe maar op eie houtjie deurgedruk.

Kowie sit bedags in haar haberdashery, luister RSG en brei plein en pearl – plein en purl – plein en purl.
Kotie maak toebroodjies, bak vis in ou olie en eier beslag en proe heeldag aan ‘n stukkie kos. Peusel, peusel.

Die haberdashery is heel goed versier. Die een kant is die hout-garetolletjies en die ander kant die plastiek tolletjies. Kleure mooi uitgepak soos die reënboog. Te kleurvol.
Die een kant van die muur is die off-cuts material en die ander kant rolle en rolle nagemaakte satyn, krimpilien, organza (wat natuurlik Kowie se gunstelling is) en linne. “Mense koop heelwat linne” verduidelik Kowie aan Kotie.
“Mense eet darm vreeslik in die plek” praat Kotie
“Maar ek moan nie, suster. Geld is geld.” Klets Kotie voort.

Kowie is maar altyd die mooier suster. Hare altyd mooi gedoen, soms is die ‘frinch” extra gedruk en gespuit. Altyd seikose aan, deur winter en somer. Te veel eye-shadow, maar sy het altyd gesê dit aksentueer die kleur van haar oë. Sy het ‘n goeie uitspraak gehad en het altyd met haar hande saam gepraat. Suiwer arikaans.

Aan die ander kant was Kotie maar effens lomp, meng haar taal en olierige hare wat sy altyd in ‘n bananaklip vasgemaak het.
“Jy moet let op jou voorkoms” raas Kowie
“dis van olie werk heeldag, Kowie. Jy sit net daar tussen organza en spelde en mooi lyk. Ek werk met my hande”
“dis nie ‘n verskoning nie. kry ‘n doekie vir jou kop. Kyk hierdie mooi material vir ‘n doekie” en Kowie vryf met pienk naels oor die stuk lap.

Af in die straat woon die Aggenbachs. Goeie mense, die man kan nie mooi hoor nie en die vrou baie danig met naaldwerk.
“Moenie so vir my skree nie, ek het my foontjies aan” kerm die man altyd as die antie so hard praat.
“Ek praat hard net vir in case”
“Gaan tog daar by Kowie aan en gaan kry vir my ‘n stukkie materiaal en ‘n nommer twee naald.” Vra die antie so bietjie sagter. Die oom het maar knorrig geraak as die antie onnodig hard praat.

Heelwat later kom die oompie by die huis aan met die inkopies.
“Ag nee. Ek het jou gesê ek soek materiaal en naald.”
Maar na ‘n rukkie kyk die antie vir die oom, glimlag en sit haar naaldwerk neer. Sy stap tot by die Oom en fluister saggies in sy oor: “My ou dier, darm het ons nou Makriel en two minute noodles vir aandete.”

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: