IN DIE HEL SE VUUR

 

 

Cobra vloer beruikte vloere, blink.

Koshuisgange.

Brut deoderant.

Testosteroon van tieners en shampoo.

Dit alles loop hand aan hand. Dit alles het dieselfde onthou. Die onthou van tiener-wees in ‘n koshuis.
Waar wou ek werklik wees? In die koshuis of op die plaas. Die meeste seuns sou seker sê: “Die plaas”. Ek wou nie in een van die twee wees nie. Ek wou op die verhoog wees.
Die klein musiek kamer aan die einde van ‘n lang gang het my verhoog geword. Kamer nommer 4.
Wanneer middagetes in die koshuis klaar is en elke seun hardloop om eerste by ‘n toilet uit te kom (hulle spysvertering was toe nog heel vinnig) voor die studieklok lui, probeer ek so gou moontlik my musiek boeke bymekaar kry om in kamer 4 uit te kom. My verhoog. My hemel. My paradys. My huis. My kamer. My bed…My God…dit was alles in kamer nr 4.
Die stap vanaf die koshuis tot by die musiek kamer was ‘n lang stap. Verby klomp koshuis vensters wat oop staan en soos groot drake met skerp naels en vuurtonge vir my loer, gereed om my te verslind en te verbrand.
“O Stanley…..!” skreeu een seun vanuit ‘n monster-venster in ‘n nagemaakte, fyn stemmetjie. Om my te terg. Om homself die hero te maak.
ek hoor niks. Ek voel niks. Ek dink aan kamer 4, my paradys. My verhoog. My lewe. My Here.
Vir dae aaneen het ek in die kamer weggekruip.
Wanneer die nuwe kwartaal begin, moes ons die vorige aand al koshuis toe gaan. Dan moes ons in ‘n lang ry staan om lakens uit te boek.
Almal praat oor die wonderlike vakansie.
Almal is bly om mekaar te sien.
Ek kyk na my voete.
“Moenie afkyk nie” hoor ek ‘n stem
Ek bly afkyk
“Kyk op” sê die stem weer.
‘n Mooi stem…
“Niemand hier rond weet van beter nie. Ons weet alles.” hoor ek weer die stem.
Hoe nader ek aan die tafeltjie kom waar die vet antie sit om lakens uit te boek, hoe harder word die stem.
“Ek sal jou alles vertel. Sorg net dat jy in die 4 de flank van die koshuis beland, middelste vloer kamer 3.” hoor ek die stem al harder praat.
Met ‘n hartseer bondeltjie, spierwit gestrykte lakens (kliphard) stap ek na my kamer toe.
“Dit moet seker soos tronk wees” praat ek met die laken.
“Dis ‘n paradys van lus” sê die laken vir my
“Hoe so?” vra ek.
“Kyk by die kamers in. Kyk na die matrasse. Al die matrasse het gate in. Dis aardig. Die seuns druk hulle ‘goeters’ snags daarin as die hormone begin gallop.. Ons moet dit alles voel en sien. Ons is moeg daarvoor” sê die laken.
Meteens voel ek jammer vir die lakens.
Toe ek so na ‘n sponsmatras staan en kyk, met ‘n gat daarin, kon ek nie help om te wonder wie in hierdie kamer woon nie. Ek wou amper die “Tok-tokkie-Tok-Tokkie maak oop die deur…” liedjie sing en met my stokkie daarin loer totdat die toktokkie uitspring…
“Hey jy. Wat maak jy? Vir wat staan jy so. Het jy nog nooit ‘n koshuiskamer gesien nie?” vra ‘n stem agter my.
Hy was mooi.
Hy was groot.
Hy was ‘n bultende god.
Ek het net omgedraai en na my kamer toe gestap.
“Moffie” hoor ek hom sê.
Die seer het so diep in my gaan sit sodat ek die volgende dag nie kon skooltoe gaan nie. Ek het na die kamer toe geloop wat se matras soos ‘n Tok-Tokkie lyk en die lakens versigtig afgetrek. Ek met met my hand liggies oor die groot gat gestreel.
Versigtig haal ek ‘n paar duwweltjies uit my sak en sit hulle in die gat en fluister “Lekker speel”
Daardie aand hoor ek ‘n seun skreeu, ruik ek cobra pollish, testosterroon en koshuisgange.
Ek het my laken versigtig om my gedraai en gesê: “Ek sou lekkerder gewees het” en met ‘n smile aan die slaap geraak.
(uit my briewe DIE TELEFOON)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: