MY TANNIE SE VERLORE STEEK

MY TANNIE SE VERLORE STEEK

Naby Hartswater woon my Tannie en haar gesit . Ek skat sy moet al diep in die sewentigs wees, maar nog gesond, aan die gang en daar skort niks met haar brein en onthou nie.

Sy en my Oom, wat nou natuurlik haar man is, noem mekaar nog “mamma” en ‘pappa”. Soms sukkel ek om dit te verstaan, maar dit bly mooi.

“Pappa, wil jy ‘n koppie tee he?” sal sy vra.

“Dankie Mamma” sal hy dan antwoord en liggies glimlag.

“Pappa, die kos is reg” sal sy hom saggies roep vir ete.

“Dankie Mamma” met regte egte dankbaarheid.

Altyd ‘n ge-Pappa en Mamma. Praat altyd mooi suiwer Afrikaans. En wanneer ‘n engelse woordjie per ongeluk uitglip, raak Pappa iesiegrimmig.

My tannie is besig met breiwerk en my oom stop sy pyp. Gekruisde bene en vooroor gebuig as hy die vierietjies so naber bring om die pyp brand te maak. Dit lyk altyd so asof hy diep konsentreer en in gebed ingaan om net die vlam te kry en die kooltjie brand te maak.

“Mamma, hoe ver is die trui nou al?”

“Nie te ver nie. Nog een mouspant, dan kan ek maar aanmekaar begin werk”

My oom knip net sy kop.

My Tannie kan brei sonder om op die naalde te kyk en die wol saam met die breipenne doen hulle eie Tango, Salsa of two step. Sy gluur altyd so in die verte. Ek weet nooit wat sy sien nie. Danlk die volgende steek…..wie weet.

So af in die straat is die Haberdashery. Dis by die winkel waar daar nie ‘n til is nie en al die pryse en kleingelde word nog so op ‘n stukkie papier uitgewerk. Net garings en off cuts wat die wêreld vol lê. Die plek behoort aan ‘n ou Duitse vrou wat so oor haar brilraam loer.

 

Op ’n dag is daar ’n groot rumoer by my Tannie en Oom se huis, iets wat nie baie, of selde, gebeur.

My oë rek so groot soos haar papier doilies, want toe ek hoor waaroor die bohaai gaan, skrik ek myself terug Kaap toe.

“Ek het nou ‘n steek laat val, Pappa!” skree my Tannie.

Ek skrik myself grootoog.

“Waar het jy jou steek laat val, Mamma?”

“Pappa, ek het ‘n steek verloor. Nou moet ek lostrek en van voor af begin”

“Dalk het jy die steek langs die kooi laat val, Mamma”

Ek wil huil. Ek het nie geweet ou mense doen nog DIT nie.

“Laat ek gou haberdashery toe gaan. Dalk kan die ou Duitse vrou my help” dink my tannie ‘n plan uit.

“Mamma, ek het al honderd keer vir jou gesê dat die nie ‘haberdashery’is nie, maar naaldwerkwinkel of naaiwinkel” sê my oom vies.

Ek skrik so groot dat ek sommer in die pad begin afhardloop na my vriendin, Breggie, toe.

“Nou ja toe, Pappa, laat ek maar my verlore steek by die naaiwinkel loop soek. Ek sal seker goeie raad kry”

“Moet net nie te lank wees nie Mamma, ons drink mos altyd tee om vier uur”

“Dis reg, Pappa, ek gaan net raad kry vir my verlore steek, mens weet nooit nie?” sê my Tannie en stap straat af met die bol wol onder haar arm en twee penne wat dans saam met ’n string wol.

Advertisements

2 thoughts on “MY TANNIE SE VERLORE STEEK

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: