DIE STRAND
voetjie, voetjie…diep getrape voetspore
langs die wit-skuim-see-golwe
spoel ‘n wit skuim-brander
ons spoortjies weg en los sy eie sirkels
op die sand – met nat druppels wat aan ons
voete vassit.
Krappie krappie, loer met kraalogies uit sy gaatjie
versigtig met ‘n handie-vol sand
skuins-skuins trippel hy – gooi die sand weg en
verdwyn met kraalogies en al in die sand
blaas blaas deur ons hare, by ons verby
waai die wind
waarheen waai so wind dan heen? Selfs die wind
druk sy duisendpoot-voetspoor-merk op die sand.
Alles net op die wit sand.
Leave a Reply