NIGGIE GRIMBEEK

Ons almal wil iewers inpas. Ons almal wil iets van iemand anders he” het my kleinniggie van die Grimbeek familie se kant af altyd gesê
Kleinniggie en haar ouers woon in De Rust.
Hulle woon in ‘n onontwikkelde spoorweghuisie. Vreeslik eenvoudig, maar Kleinniggie was my vriendin.
Die Grimbeeks is van my ma se kant af. Snaakse mense, maar sout van die aarde.
“Jy moet oppas vir mense wat so mooi smile vir jou. Hulle soek almal iets. Hullle wil ook inpas” het Kleinniggie Grimbeek altyd gesê.
Een Kersfees kuier ek in De Rust. Soos ek in die straat afstap vra iemand ‘n vuurhoutjie om sy sigaret aan te steek. Een vra of hy my rugsak kan kry. ‘n Ander een vra of ek nie ‘n paar sente vir hom het nie. Die ander een langs die Griek se kafee vra R1 vir brood.
“Jy moet oppas. Hulle gaan vir jou ook nog vat en nie weer los nie” het Kleinniggie Grimbeek vir my gesê.
“Hulle is net behoeftig”het ek gesê
“Ja, ek ook, maar ek vra nie vuurhoutjies of rugsakke by mense nie. My behoeftes is anders. My behoeftes sit in my lyf” het Kleinniggie Grimbeek gesê.

Daardie aand kon ek nie ‘n oog toemaak nie.
Ek het by die venster uitgekyk en vir die lokomitief gewag wat verby moet kom.
Niks nie.
“Sien jy, jy wil ook iets he. Jy wil ook inpas, al is dit vir ‘n trein. Jy wil ook iets he” hoor ek ‘n stem.
“Ek wil niks he nie. Ek is tevrede met myself” het ek gesê.
“Dis wat jy dink.” en daar is die stem weg.

Die volgende oggend sê ek vir Kleinnigge Grimbeek dat ek ‘n stem gehoor het.
“Ja” sê sy “ek het jou gesê dat jy ook iets wil he. Dat jy ook ‘n behoefte het. Dat jy ook iewers wil inpas.”
Daardie middag stap ek na die Karoo-Kontant-Winkel toe.
Daar op die hoek sit ‘n man en vra vir my of ek nie ‘n sigaret het nie.
“Ek rook nie”
“het jy nie iets om te eet nie”
“nee”
“het jy nie ‘n warm ding vir my nie. Die aande is maar koud”
“NEE!” het die ‘nee’ al harder geword en ek vergerg my.
“Loop. Jy is lastig man” het ek gesê.
Toe ek by die Karoo-Kontant-Winkel instap vra ek vir die ou jood agter die toonbank of ek ‘n pakkie suiker kan kry.
“Nee” het hy gesê.
Ek kon nie my ore glo nie, maar ewe skielik gebeur daar ‘n ding in my binneste.

ek het uitgestap en by die man wat bedel gaan sit.
“Ek het nie ‘n sigaret nie, ook nie iets om te eet of ‘n warm ding nie.” het ek gesê.
Hy het vir my gesmile en gesê
“Dis orraait. Ek het dit nie juis nodig nie. Ek het gekry wat ek soek”
“En wat is dit?” vra ek
“‘n oor om te luister.”
En op daardie oomblik, langs die bedelaar, op die stoep by die Jood se winkel het ek gevoel dat ek iewers inpas. Dat ek iewers hoort.
“Jy is deel van ons” sê Bedelaar
“Ek weet”
Hy haal toe ‘n foto-album uit en daar staan hy op ‘n verhoog met die mooiste rok aan en baie make up.
Toe weet ek dat ek gekry het wat ek soek…hy ook.
En daar oor die pad staan Kleinniggie Grimbeek en knipoog vir my

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: