MIESIES SMALLPENNY

Soos jy by Hartswater inry sien jy aan jou linkerkant ‘n groot rooidakhuis.

Dis waar ou Miesies Smallpenny bly.

Miesies Smallpenny is oorspronklik van Engeland af, maar bly al vir jare in Hartswater en sy praat afrikaans met ‘n moeilike aksent. Mens moet mooi luister wanneer sy praat en haar lippe fyn dophou, anders gaan jy so verlore raak dat geen mens jou ooit weer gaan kry nie.
Miesies Smalltpenny het die mooiste stem wat nog op aarde was. Wanneer sy met mense op die telefoon praat, eet hulle uit haar hande, al het mense gesukkel om haar te verstaan.

“Soet soos heuning”
“Strelend soos lentereën”
“Pragtag soos ‘n liefdesverhaal” is van die komplimente wat sy kry.

Die probleem kom in wanneer mens die vrou agter daardie Soet, Strelende, pragtage stem sien.
Sy is ongelooflik lelik.

Sy is oorgewig.

Miesies Smallpenny het neushare wat slap uit haar neusgate hang

Miesies Smallpenny het skurwe hakke en sweterige armsholtes. Dis ‘n treurige gesig.

Saans, as dit donker word, sal Miesies Smallpenny buite in haar tuin stap en dan gesels sy maar so met al wat plant, struik en boom is. Die bure sit op hulle stoepe om die soet stem te hoor, solank hulle haar net nie hoef te sien nie.
Sy was verwerp.
Sy was alleen.
Sy het agter toe deure gesit en gewag om te vergaan.
“Here, vat my maar. Ek wil ‘n Engel word. Ten minste gaan mense my hoor en nie sien nie” het sy gebid.

“Nee” het die gesiggies in die tuin gepraat.
“Hou moed” het die akkerboom gesê
“Ons sal jou help” praat die kannas soos ‘n spreekkoor.

Op ‘n dag beland Miesies Smallpenny agter die houtmuur wat tussen haar tuin en die buurman se tuin is.
Sy wou so graag die buurman ontmoet en so steek sy haar hande in twee opgemaakte pop-kouse en praat oor die muur
“Goeie dag”
“Hallo” sê die buurman.
“Kan ek vir koffie kom?” vra die pop.
Die buurman kon nie mooi hoor wat sy gesê het nie, maar haar stem was so mooi dat hy gevra het dat die pop net moet aanhou praat, hy sal later verstaan.

Daardie dag het ‘n nuwe maan vir Miesies Smallpenny opgekom.
“n Nuwe ster het begin skitter, want voor sy haar kon kry doen sy ‘n poppekas in die biblioteek.
Dit het net eers Maandae oggende begin, maar sy was so gewild dat sy elke dag haar poppespel gaan doen het. Die kinders en selfs grootmense wat kom kyk het, kon nie die woorde mooi verstaan as gevolg van haar aksent nie, maar die poppe was beeldskoon en haar stem het mense in vervoering gehad.

“Ja, so het ons elke een ‘n plekkie in die son” sê die Kannas een laatmiddag vir haar.

“Ja….so het ons elke een maar iets….net ‘n klein ietsie wat mooi is, al verstaan ons nie altyd nie.”

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: