DEEL 16 (DIE EINDE)

GERRIT

O nancy, ek kan nie nog betrokke raak by hierdie scams nie. Enough is engouch is enough. My nellies is op en ek kan glad nie conentrate op my werk nie. my ma het gesê mens moet oppas vir die klip in die pad as jy hom sien, want jy gaan jou voet lelik stamp

HY LOER WEER IN DIE KOEVERT EN SIEN DIS BAIE GELD. DIE EERSTE KEER TOE HY GEKYK HET HET NIE NIE BESEF DAT DIT SO BAIE IS NIE. HY KYK NA BAZIL, WEER IN DIE KOEVERT, NA DRAADKAR EN DAN NA BUFFELBEES EN PROTTER

GERRIT

Girlfriend…..Mona, Mona, Mona (sing hy) na Bazil se kant toe.

DRAADKAR WYS VIR HOM OM STIL TE BLY

BAZIL SMILE

BUFFEL EN PROTTER GAAN OP ’N STOEL SIT ELKE EEN MET ’N VROUETYDSKRIF IN DIE HAND

GERRIT STAAN VIR ’N RUKKIE ROND, KYK NA DIE DR SE TOE SPREEKAMER DEUR.

GERRIT

Is die Dr hier? Alleen?

BAZIL

Ja, hoekom?

 

GERRIT VERDWYN BY DR SE DEUR IN SONDER OM EERS TE KLOP

BAZIL WIL KEER, MAAR GERRIT IS IN

INTERKOM LUI

BAZIL ANTWOORD

Ek is jammer Dokter maar……

BAZIL BESEF DAT DIE DR DIE INTERKNOPPIE PER ONGELUK GEDRUK HET EN NIE VAN PLAN WAS OM TE BUZZ NIE…

KREUN EN STEUN GELUIDE MET BAIE GEFLUISTERDE LIEFDESWOORDIES SPEEL OOR DIE SPEAKER. SOEN GELUIDE. GERRIT WAT SAGGIES GIL. DIE DR. WAT DIEP KREUN GELUIDE MAAK.

GERRIT SE STEM OOR INTERKOM.
O jou lawwe ding…ondersoek my behoorlik

BAZIL KYK NA DIE INTERKOM, DAN NA DRAADKAR.

DRAADKAR OMHELS VIR BAZIL EN KYK HOM VAS IN DIE OÊ. DRAADKAR VAT WEER DIE STETOSKOOP EN SIT DIT OP SY BORS NEER…..DOEF DOEF OOR DIE LUIDSPREKERS. BAZIL SMILE.

 

DRAADKAR.
Daai klippies is oppad Kathu toe, dalk maak ek nog vir jou ’n mooi, blink ring, net vir jou , Babes.
DRAADKAR VAT AAN DIE GOEDKOOP HANGERTJIE OM SY NEK EN RUK DIT AF. HY HAAL DIE RING VAN DIE KETTING AF EN GEE DIT VIR BAZIL. BAZIL VAT DIT BAIE ONSEKER. WEET NIE WAT OM DAARMEE TE DOEN NIE.

BAZIL
DEURMEKAAR.

BAZIL
Wat bedoel jy?

DRAADKAR

Sien, ou Giel wat sy vrou so slaan en in Kanthu ’n ‘kat’ het, vervoer die diamante vir ons sonder dat hy weet. Ons steek dit iewers aan die trok weg en ons connections in Kathu haal dit af. Maar ek het die mooiste diemand vir jou uitgehou, die grootste een.

HULLE HOU MEKAAR VAS. DRAADKAR HAAL DIE MOOISTE DIAMANT UIT SY GATSAK EN SIT DIT IN BAZIL SE HAND. DRAADKAR VAT BAZIL SE HANDE IN SYNE EN VOU DIT TOE.

BAZIL

Kyk mooi na die outjie, een van die dae is hy aan jou vinger. Hierdie diamant soek al lankal na ’n lêplekkie, gaan sit hom in die gou ring, dis joune.

DRAADKAR VAT DIE DIAMANT EN RING BY BAZIL, SIT DIE RING EN DIAMANT IN BAZIL SE LINKERHAND, MAAK SY HANDE TOE EN GLIMLAG.

BUFFELBEES

Wat gaan daar in die Dokter se spreekamer aan? Dis vreeslike geluide. Klink of daai Gerrit outjie in pyn is….hoor net

NOG GELUIDE OOR INTERKOM.

PROTTER AAN BUFFELBEES.

Fokkit, love is in the air, my bru….

 

TWEE BIKERS OP STOELE KYK NA DIE SPUL EN VEE TRANE AF.
HUIL.

BUFFEL HOU VIR PROTTER OM SY SKOUERS VAS OM TE TROOS.

HULLE IS DUIDELIK BAIE DEURMEKAAR MET DIE HELE SPUL, MAAR OP ’N MANIER IS DIT VIR HULLE MOOI. HULLE SMILE.

BAZIL EN DRAADKAR SOEN, KYK IN MEKAAR SE OË, DAN NA DIE INTERKOM EN LAG SAAM.

GELUIDE OP INTERKOM DOOF UIT.

BAZIL EN DRAADKAR KYK SAAM NA DIE RING EN DIAMANT IN BAZIL SE HAND. HOU MEKAAR DAN VAS. LIGTE AF. LOVE BITES SPEEL SAGGIES OP AGTERGROND.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: