OP DIE GROOT-PAD

op die groot-pad

 

tussen die middernag
straat ligte het ek jou
asem verloor en in
die blink-nat-pad
het ek op ’n eensame
sypaadjie vir jou ’n
rympie geskryf.

ek het tussen lag en middernag
vir jou onder by die kafee
gewag waar jy ’n sigaret
gaan koop. die alleen
loop van jou het begin saak
maak en tussen slaap en wakker
het ek elke Goddelike dag
gewonder hoe om
jou lag weer lekker
te maak.

die son kom op
die son gaan sak
die maan kom op
die maan raak vol

jou lag sit net in jou mond
jou oë bly bedwelm groot
en rond
met ’n traan of twee wat
afloop tot by die
punte van jou mond

ek hoor jou hoes
ek hoor jou huil
ek hoor jou kreun
en ek hoor jou val

maar wat kon ek maak
tussen volmaan en
sonsopkoms toe daardie
eerste lente bloeisels

nie meer vir jou
gebloei het nie…

maar jy het stil stil bly lê
ek wonder waar jy is?

rol maar traantjies
rol saggies

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: