DEEL 15 (Baie geld)

GERRIT VAT PER ONGELUK BAZIL SE HANDSAKKIE MET DIE SWART SAKKIE IN
EN STAP SAAM UIT

BAZIL HET NOU WEER GERRIT SE SAKKIE GEVAT VAN PURE SENUWEES. HULLE HANDSAKKE LYK AMPER DIESELFDE WANT HULLE HET DIT SAAM BY DIE CHINA SHOP GAAN KOOP, DAAROM MERK HULLE NIE ONMIDDELIK OP DAT HULLE MEKAAR SE HANDSAKKE GEVAT HET NIE.

BAZIL MAAK DEUR TOE. KLANK VAN MOTORFIETS WAT START EN RY. GERRIT WAT KOEBAAI GIL.

ALMAL WEG EN SPREEKKAMER IS LEEG. NET ’N FLOU LIG WAT AAN IS.
NA ’N RUKKIE…

 

BAZIL STORM DIE SPREEKKAMER BINNE

SIT DIE LIG AAN

HARDLOOP LESSENAAR TOE

SOEK

KRY NIKS

STRESS

DRAADKAR KOM IN

DRAADKAR.

Wat is fout,

BAZIL

My handsakkie. Ek het Gerrit s’n per ongeluk gevat en hy myne. Toe ek my lip ice uit die sakkie wou haal sien ek dat dit nie my sak is nie. En jou pakkie is in my sakkie wat nou by Gerrit is. O my Gosh…Ek is op onder dit alles.

DRAADKAR STAAN EN KYK NA BAZIL SE ‘PERFORMANCE’ VAN AAN DIE HANGERTJIE MET ’N GOUE RING DAARAAN WAT OM SY NEK HANG. DIS SOMMER ’N GOEDKOOP STUKKIE HANGERTJIE WAARAAN JY ’N BADPROP VASMAAK. BY DIE HARDEWARE GEKOOP.

BAZIL KYK VIR DIE EERSTE KEER LANK NA DIE RING EN HANGERTJIE OM SY NEK

 

DRAADKAR

 

So? Dis mos nie so erg nie…Julle kan mos net weer sakkies omruil. Niemand hoef te weet nie.

BAZIL

Jou swart sakkie is in my sakkie. Sê nou hy grou in my sak en kyk wat daarin is en kom om dit af?

DRAADKAR

Relax…..moenie worry nie. Ons moet jou ‘pasient’ gaan spuit. As Gerrit op daai sakkie afkom en daarin kyk, sal hy jou laat weet. En dan sal ons hom laat weet om sy mond toe te hou anders…

DRAAKAR MAAK ’N BEWEGING OOR SY EIE KEEL OM TE DEMONSTREER DAT HULLE GERRIT SAL DOODMAAK AS HY UITPRAAT. DRAADKAR IS DUIDELIK NIE BAIE GESTRES OOR DIE SAKKIE STORIE NIE. HY WORRY MEER OOR DIE SIEK OU BY DIE WAREHOUSE.

HULLE STAP UIT.

 

_____________________________________

 

VOLGENDE OGGEND.

BAZIL KOM IN. SIT LIG AAN. MAAK VENSTER OOP EN HARDLOOP TELEFOON TOE OM TE BEL. HY DIAL GERRIT SE NR. NIKS ANTWOORD. STRESS. BANG. TRIPPEL

BAZIL.

Ag vader tog…Gerrit…andtwoord tog die foon, of kom net hierheen…

PRAAT HY MET HOMSELF.

DRAADKAR, PROTTER ENDER BIKER KOM IN. HULLE LYK MOEILIK. GEREED VIR BAKLEI. GEREED OM TE VRA ‘WAAR DE FOK IS DIE SAKKIE’?????

BAZIL

Hy julle, relax, asseblief, ek probeer vir Gertruide kry om my handsak te bring. Niks is fout nie. Ek belowe……wil julle koffie he?…..Alles is onder beheer.

DRAADKAR

Ons drink nie koffie nie.
HY HAAL WISKY UIT, DRINK DIT GEE AAN VIR DIE ANDER TWEE

PROTTER

Bel jou vriendjie.

BUFFELBEES

Kom, jy kan nie hierdie plan bedonner nie. Ons sny jou keel morsaf as die plan verkeerd gaan. Jy weet nie met wie jy te doene het nie,……Pansy….

PROTTER.

Draadkar, ek ht jou gesê hierdie is ’n kak storie…..kyk nou wat het hier gebeur.

BAZIL IS DUIDELIK VREESLIK BANG EN SENUWEEAGTIG.

DRAADKAR

Hy, Buffel, stadig. Jy praat mos nie so met ons doc nie. Relax ouens.

’N GERUK AAN DIE VOORDEUR.

ALMAL KYK NA DIE DEUR.

DIS GERRIT.

 

WIL INKOM

BAZAIL SLUIT OOP

HY SIEN ALMAL EN SKRIK

DUIDELIK GROOT SPANNING TUSSEN ALMAL

GERRIT HET BESLIS IN DIE SAK GELOER EN WEET WAT DAARIN IS.

GERRIT GEE BAZIL SE HANDSAKKIE TERUG

BUFFEL ONDERSKEP DIT

GROU DAARIN
HAAL DIE SWART SAKKIE UIT

GOOI ’N HANDVOL DIAMANTE IN SY PALM UIT

GERRIT STAP NADER EN MIK OM EEN TE VAT

GERRIT IS MAL OOR ALLES WAT BLINK

GERRIT MAAK EERS OF HY DIE DIAMANTE VIR DIE EERSTE KEER SIEN, MAAR ONS WEET DAT HY LANKAL AL WEET WAT DAARIN IS.

BUFFELBEES TEL DIE DIAMANTE, EEN VIR EEN. AMPER MET ’N DOM HOUDING.

BUFFELBEES

Stadig stadig seun. Nie so haastig nie. Soek jy jou prints all over hierdie goedjies

GERRIT

Nancy…o nancy. my nellies is op, maar hulle is so beualah. Is hulle genuine? Hulle sê mos ‘Diamods is a girls best friend”…

GERRIT HOU SY HAND UIT MET SY VINGER SO REGUIT OM TE IMAGINE HOE SO ’N DIAMANT AAN SY VINGER SAL BLINK.

BUFFEL

Wie de fok is Nancy? en Nellie

DRAADKAR

Los dit Buffle. dis hulle geheim.

DRAADKAR DUIDELIK WIL DIE ATMOSFEER LIGTER KRY

HY WIL VIR BAZIL TE BESKERM.

DRAADKAR BEGIN INDRUKKE GEE DAT BAZIL NOU SY BOYFRIEND IS, MAAR SÊ DIT NOG NIE IN SOVEEL WOORDE NIE. MAAR DIE MANIER HOE HY AAN BAZIL SE SKOUERS VAT EN ELKE KEER TUSSEN BAZIL EN BUFFELBEES INSTAP (SO ASOF HY VIR BAZIL BESKERM) VERTEL BAIE.

 

DRAADKAR

Raaitou ouens. Hier is die deal. Gerrit jy moet uitvind by daai Mostert vrou wanneer Giel op sy Wiele weer Kathu se kant toe gaan. As jy daardie info het, laat weet jy ons. Dis al wat jy moet doen. Jy vra nie hoekom en wat en waarom nie. Ons wil net weet Wanneer Giel in Kathu is. Finish en klaar.
DRAADKAR PRAAT REGUIT, ERNSTIG EN HERHAAL HOMSELF SODAT GERRIT PRESIES WEET DAT DIT ’N ERNSTIGE SAAK IS.

GERRIT

GEWILLIG OM TE HELP. EXITEMENT. VRYF SY HANDPALMS TEEN MEKAAR, SO ASOF HY ENIGE OOMBLEK GAAN VRA’ VERTEL MY ALLES”….

GERRIT

Ja, hy ry lunchtyd. ek het gehoor die ou Girty sê dat sy so bly is dat die ou, soos sy sê “Etter” weggaan vir ’n week. Kathu toe. Sy sweer dat hy ’n ander vrou daar het, en sy gee ook nie om niewant sy is so gatvol vir die ‘ETTER” en sy wil net alleen wees saam met haar hondjie. Haar vriendin wat daar bly sê altyd dat sy lorrie vir ure, soms ’n dag of twee daar in Kathu by die garage staan waar mens net by die dorp inry…..

BUFFEL

Stadig man….Jy klink soos ’n fokken vrou. Jy sê Giel laat Wiel vanmiddag Kathu toe?

DIE BIKERS KYK VIR MEKAAR, SMILE, VAT NOG ’N SLUK WISKY

DIE INTERKOM LUI

DIS DIE DR. HY HET BY DIE AGTERDEUR INGEKOM.

DRAADKAR WYS HY MOET ANTWOORD

BAZIL RATTEL.

DR VAN ROOYEN VOICE

More, is daar pasiente. Ek hoor stemme. Is ek besig vandag?

BAZIL

Ja, Dr, hier is mense…..hum……..maar….

BAZIL HAKKEL WANT HY WEET NIE WAT OM TE SÊ NIE. GERRIT WYS VIR HOM OM NET TE RELAX. SO MET ’N SLAP POLS EN DAN WYS HY VIR BAZIL OM TE SMILE TERWYL HY PRAAT.

DR VAN ROOYEN SE VOICE

Goed, stuur die eerst pasient maar in….

BAZIL RATTEL EN SY SENUWEES IS KLAAR

BAIKERS LAG

BAZIL VAT VIR GERRIT EN DRUK HOM NA DIE DR TOE.

BAZAL

Maak of jy siek is Girl. Enige iets. Just keep the man busy…..gaan net, asseblief. Sê jy het tennis elmboog of iets van al die BLOW DRY.

 

GERRIT HOU SY ELMBOOG VAS EN TREK SY GESIG IN PYN. STAP DAN BY SPREEKAMER SE DEUR IN.
BIKERS UIT

BAZIL SIT BY LESSENAAR GESIG IN SY HANDE

GERRIT KOM UIT
SMILE
LYK TEVREDE.
TUIT SY LIPPE.

BAZIL

Het jy hom convice girl?

GERRIT

Moenie worry nie, sister, ek is mos ’n acress….sal jou later alles vertel. Vir hierdie performance kry ek ’n Oscar. Dit is meer as net ’n tennis elmboog. Ek het gesê hy moet my behoorlik ondersoek, ek moes ‘hoes’ ook…you know girl.

GERRIT GIGGEL.
BAZIL DRUK SY OE MET SY HANDE TOE EN LAG.

BAZIL IN DIE SPREEKKAMER

ALLEEN

BEL HEELDAG VIR GERRIT

HY ANTWOORD NIE

DAN BEL HY VIR DRAADKAR

HULLE ANTWOORD NIE

HY LEES ’N BOEK

SIT DIT NEER

VUL BLOKKIESRAAISEL IN

LEES DIE HORROSCOPE KLIPHARD.

DRAADKAR, BUFFEL EN PROTTER KOM IN

BUFFEL

 

Waar is daai vriendjie van jou, of is dit jou boyfriendjie? hu?

BAZIL

Hy werk.
Ek probeer al heeldag bel, maar hy antwoord nie.

 

DRAADKAR.

Dis nie sy boyfriend nie. Jy kan mos hoor hulle is ‘sisters’ of so iets…..of is ek verkeerd Bazil?

DRAADKAR VRA DIT MET ’N KLEIN BIETJIE JALOESIE.

BAZIL

Jy is reg.
Ons is net sisters.. Sisters tilly nie met mekaar nie. Bloedskane.

BAZIL PROBEER DIE GESRPEK VERANDER.

BAZIL
Hoekom dra jy jou ring om jou nek, Draadkar?

DRAADKAR SLAAN MET SY VUIS OP SY HART

DRAADKAR
Want dis sy plek die.

 

BIKERS KYK NA MEKAAR. BUFFEL EN PROTTER LAG
DRAADKAR KYK VERLIEF NA BAZIL
DRAADKAR EN BAZIL SE OÊ VAS GEVANG VIR ’N PAAR BEATS.

GERRIT KOM WEER INGETRIPPEL

DRAADKAR GEE VIR HOM ’N KOEVERTJIE.

GERRIT IS OVER THE TOP.

GERRIT

O my word, what is this…..proposal in ’n love letter. Mense skryf mos nie meer loveletters nie. This is romantic……

GERRIT MAAK OOP EN SIEN DIS GELD.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: