DEEL 14 (Ek weet nie wat om te sê nie)

GERRIT STAAN OP EN LOOP UIT. BAZIL GAAN SIT AGTER SY LESSENAAR, BLAAI DEUR DIE BOEK. SIT TERUG IN SY STOEL. MAAK SY OË TOE, DAN OOP. KYK WEER NA DIE BOEK. LEK SY VINGER NAT EN BLAAI OM.

TELEFOON LUI

Dr van Rooyen se spreekkamers, Bazil wat praat.

VOICE VAN DR VAN ROOYEN

More Bazil, dis Dr van Rooyen. Hoe lyk my afsprake vandag? Ek gaan bietjie laat wees. Kan jy die vroee afsprake na vanmiddag toe skuitf asseblief.

BAIE KORT EN SAAKLIK.

BAZIL

More dokter. Nee wat, dis baie stil. Eerste afspraak is eers vanmiddag 2 uur, en ek sien dat ek geskryf het TBC….to be confirm,…..ek sal vir dokter op hoogte hou.,,..alles reg…vat Dr se tyd….O ja alles is onder beheer en geen foute hier nie…ek sal dadelik laat weet….geniet dit….

totsiens.

 

BAZIL SIT TELEFOON NEER, VERLIG. LAAT SAK SY KOP IN SY HANDE.

O thank God dis ’n stil dag. Ek het nie die krag nie. Ook maar goed Dr kom eers later.

DIE TYD GAAN VERBY. HY KYK OP SY HORLOSIE DAN BY DIE VENSTER UIT,

DUIDELIK WAG HY VIR DRAADKAR HULLE, OM TE HOOR VAN DIE SIEK MAN BY DIE WAREHOUSE, DAN STAP HY OP EN AF, GEE PLANTE WATER, TEL TELEFOON OP OM TE BEL, SIT DIN DAN WEER NEER. STAP OP EN AF. ONGEDULDIG.

MAAK KOFFIE, SIT EN DRINK TYDSAAM. SAK SY KOP OP SY HANDE OP DIE LESSENAAR.

TEL WEER SY KOP OP. DIE TYD GAAN VERBY EN HY HOU DIE HORLOSIE DOP.

BAZIL.

O hel, dis al 4 uur en ek het nog nie eens vir Dr laat weet die 2 uur pasient het nie gekom nie.

HY TEL DIE TELEFOON OP EN BEL.

NET TOE HY DIE NR WIL BEL, KOM DRAADKAR IN. RUSTIG. VOL SMILES. STYWE WIT T SHIRT AAN MET BIKER ONDERBAADJIE AAN. SY NAAM IS SY BORS GEBORDUUR. HELMET IN DIE HAND. SY JEANS DALK ’N BIETJIE TE KLEIN, GESKEUR OP DIE KNIEG. GROOT BELT MET ’N BUCKLE VAN ’N SKEDEL. BAIE AFSHOWERIG. SY HOUDING IS DIE VAN ‘BAZIL, EK HET JOU IN MY WEB GEVANG. NOU IS JY MYNE”

DRAADKAR.

Hey hey. Hoezit? Hoe voel jy, Doc? Jy lyk maar bietjie bleek.

HY PRAAT ASOF NIKS GISTERAAND GEBEUR HET NIE.

En wie wil jy nou bel? Is dit nie amper tjaailatyd nie? Is dok van Rooyen hier?

BAZIL

Nee, hy is nie hier nie. ek wil hom juis bel en sê dat ek vroeer wil huistoe gaan. Ek voel nie lekker nie. My kop is so seer van al die worries.

DRAADKAR

DRAADKAR PRAAT SAGTER EN MET OMGEE

Wat het ek jou gesê: As Draadkar by jou is, is daar geen worries.

Is jy alleen hier.

DRAADKAR STAP NADER AAN BAZIL. BAZIL STAP BIETJIE TERUG. BAZIL IS NIE SEKER OF GISTERAAND SE SCENE ’N FOUT WAS, OF DRAADKAR DIT KAN ONTHOU NIE . ONGEMAKLIK. MAAR DUIDELIK HET BAZIL GEVOELENS VIR DRAADKAR GEKRY.

BAZIL

Hier is niemand nie. Gerrit is blykbaar vol geboek vir die dag. Die hele dorp wil weer hare doen.

DRAADKAR

Het jy die sleutel van daardie agterdeur?
EN DRAADKAR WYS MET SY KOP IN DIE RIGTING VAN DIE DR SE ‘UITGLIP DEUR’.

BAZIL SKRIK, SIT SY HAND VOOR SY MOND.

BAZIL MAAK EEERS ASOF HY NIKS WEET NIE. SKUD SY KOP VINNIG HEEN EN WEER.

DRAADKAR
FLIRTY EN VAT SO AGTER BAZIL SE NEK MET SY GROOT HAND. DAN AF TEEN SY RUG TOT BY SY LAE RUG.

Kom nou, moenie jou dom hou nie. Ek weet daar is ’n agterdeur waardeur Dok Van Rooyen kom sodat hulle hom nie hier voor moet sien nie. Ek hou hierdie possie al lank dop….. my oë mis niks

DRAADKAR WYS SO MET SY WYSVINGER EN MIDDELVINGER NA SY OË, DAN NA DIE DEUR.

BAZIL

Ja, ek het die sleutel daarvoor, hoekom?
Maar jy moet weet, ek mag glad nie in Dr se spreekkamer gaan as hy nie hier is nie. Dis ’n reël.

DRAADKAR.
Bazil, my liewe Bazil. Wat het ek noudie dag vir jou van reël gesê? mmmm? Kom aan sweetlips.
Maar Anyway…

Wil maar net weet. As ons jou ooit weer nodig het om iemand te kom dr is daai die perfekte plek om in en uit te beweeg, nie so in die oog van di mense soos hierdie voordeur nie….by the way, het jy nog van daardie inspuitings vir die pyn. Die ou wat geskiet is sê die pyn kom terug en dis ondraaglik. Maar jy het ’n goeie job gedoen.

BAZIL

Nee, hel, Draadkar. Ek gaan in groot moeilikheid kom.

DRAADKAR.

Kom aan, doen dit, vir my doc. Toe man…asseblief.

DRAADKAR TREK SO ‘KLEIN-HONDJIE’ GESIGGIE WAARVOOR GEEN MENS OP AARDE ‘NEE’ KAN SÊ.

DRAADKAR GAAN STAP NA DIE VOORDEUR TOE, SIT DIT OP SLOT EN STAP NA BAZIL TOE. VAT HOM AGTER SY KOP EN DRUK HOM TEE HOM VAS. SOEN HOM OP DIE VOORKOP….

BAZIL GEE IN. SMILE. VAT AAN DRAADKAR SE WANG. DRAADKAR HOU DAARVAN.

BAZIL STAP NA ’N KASSIE TOE, MAAK OOP EN HAAL INSPUITING UIT. GEE DIT VIR DRAADKAR. DRAADKAR DRUK DIT IN SY BAADJIESAK EN HAAL IETS UIT. SMILE VIR BAZIL BAZIL GEE IN. DUIDELIK VERLIEF NOU.

 

BAZIL

Waar is die res van die ‘gang” vanmiddag?

DRAADKAR

Jy mag nooit ‘gang’ sê nie. Ons is ’n club. Ek is alleen. Ek het ’n gunsie van jou nodig. Hierso, vat hierdie sakkie en hou dit by jou. Moenie dat iemand sien of weet nie totdat ek vir jou sê wat om daarmee te doen. Hou dit net hier by jou. Nie in ’n laai of ’n ding nie. Sit dit in daai sak wat jy altyd so oor jou skouer dra. Jy belowe my jy kyk nie, en praat nie.

BAZIL HUIWER. BANG. MAAR VAT DIE SAKKIE EN DRUK DIT VINNIG IN SY ‘HANDSAKKIE’.
MAAK SY OË VIR ’N RUKKIE TOE, KYK DAN OP DAK TOE, SO ASOF HY WIL SÊ “BERGE VAL OP MY EN HEUWELS BEDEK MY”

BAZIL

As dit drugs is, weier ek om dit te vat. Ek gaan my nie skuldig maak aan sulke goed nie.

DRAADKAR
STAAN AAN DIE VOORKANT VAN DIE LESSENAAR EN BAZIL AAN DIE ANDER KANT

Relax, ons ook nie. Jy mag nie kyk, vat of loer nie. Hou dit net so in die swart sakkie. Ek sal jou op hoogte hou.

Kom hier. Moenie bang wees nie. Draadkar is in beheer….

BAZIL STAP OM DIE TAFEL EN DRAADKAR HOU SY ARMS OOP. IEMAND HAMMER AAN DIE DEUR. DIS GERRIT. DRAADKAR GEE VIR BAZIL ’N DRUKKIE.

BAZIL

Shit, dis Gerrit. wil jy by die agterdeur uitgaan sodat hy jou nie sien nie?

DRAADKAR

Nee, niks om weg te steek nie, of hoe. Het jy? Ek het mos maar net die ‘dokter’ kom sien.

DRAADKAR SMILE EN WYS MET SY KOP VIR BAZIL OM DIE DEUR OOP TE MAAK.

BAZIL

Nee niks nie,

BAZIL KNYP HANDSAKKIE STYF VAS.

BAZIL STAP NA DIE DEUR TOE EN MAAK OOP.
GERRIT KOM IN MAAR SIEN NIE VIR DRAADKAR WAT UIT DIE OOG STAAN NIE.

GERRIT

O herre girl, ek is so moeg. Heeldag mense gehad. Daardie hoedjies en balloontjies het kom highlight en uitblow. My elmboog is so seer want die een het mos sulke woeste kroes hare. Ek weet nie wat sien ’n bag in hulle nie. Dis mos daardie een biker se girty (girlfriend” wat so behep met die hare is. Sy het blykbaar gehoor iemand grou in haar slaai, jy weet? Sy sê sy wil special mooi lyk. Ek sê toe dit gaan ’n moerse mirricle vat om dit reg te kry, maar gelukkig was die hairdryer aan en sy kon nie mooi hoor nie…

BAZIL WYS VIR GERRIT OM STIL TE BLY

DAN SIEN GERRIT VIR DRAADKAR

HY SKRIK
MAAK SKRIK GELUID
GRYP SY BORS VAS (CLUTCH THE PEARLS)
MAAK HOES GELUIDE.

GERRIT

O, jammer, onderbreek ek iets?… o la la hier kom ’n ding. Hallo Ogiesdraad, hoe gaan dit met jou? Lyk of die kat ’n piering melk gekry het.

GERRIT SE MOND HET GEE SIF NIE. PRAAT WAT HY DINK

GERRIT HET VERGEET DAT SY NAAM EINTLIK DRAADKAR IS EN NIE OGIESDRAAD NIE. ’N EERLIKE MISTAKE WAT HY MAAK.

DRAADKAR

Hey, jy onderbreek niks. Wat laat jou so dink? En ek is DRAADKAR. My “kar” is van klipharde blou staaldraad gemaak…..nie OGIESDRAAD OF PRESSDRAAD nie.

DRAADKAR DRUP SY DUIME BY SY BELT VOOR IN EN SPEEL MET SY VINGERS BY SY ZIP ROND OM TE WYS WAT HY MET ‘KAR’ BEDOEL.

GERRIT RATTEL.

GERRIT

Ok, jammer jammer….Draadkar.

BAZIL

Gerrit, kan ons more weer Gail?….ek gaan bietjie vroeer huistoe. Ek voel nie so lekker nie, girl,…..jy verstaan mos. Ons kan more oor lunch tyd gou uitglip en gaan koffie drink.

DRAADKAR

Wat de fok is Gail?

BAZIL

Dis maar ‘om te praat’ in ons taal. Gerrit het dit in die kaap geleer voordat hy Brixton toe gekom het.

DRAADKAR

Dis fucked up.

DRAADKAR VAT ’N HELMET EN GEE DIT VIR BAZIL

GERRIT EN BAZIL KYK NA MEKAAR EN GERRIT MAAK BEWEGINGS MET HANDE EN

VINGERS, SOOS OM TE SÊ ‘EK KAN SIEN DAT JULLE ’N ITEM IS’…

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: