DEEL 9 (Moeilikheid begin)

 

VOICE VAN DR VAN ROOYEN OP DIE INTERKOM

Nou maar goed, moenie bekommerd wees nie. Ek gaan hier by my spreekkamer se agterdeur uit. Ek gaan huistoe. Sê vir die pasiente dat ek n dringende besoek aan die hospitaal moes gaan gee en reschedule hulle maar. Ek voel in elk geval nie te lekker nie.

BAZIL

Goed dr. Ek sal dit doen. Gaan gerus huistoe en ontspan maar. Ek sal sommer die agterdeur kom sluit en die sleutel weer in die kassie hang. Totsiens dr.

GERRIT.

Girl, wat gaan nou hier aan?

BAZIL

Dr gaan huistoe. Sy spreekkamer het mos ’n agterdeur sodat hy kan wegglip sonder dat die pasiente wat hier sit hom sien. Ou trick van hom. Dan gaan drink hy ’n bier en speel snoeker. Hy dink ek weet nie, maar ek weet alles. Die man wat by die kroeg werk se vrou bring altyd vir my fudge as sy gemaak het, dan vertel sy alles vir my. Maar ek moet sê, daai fudge is nie lekker nie. Is te soet.

GERRIT

Nancy girl!!!! uitgeslape doktertjie die van jou né….

 

DIE DEURKLOKIE LUI EN DAAR STAAN DRAADKAR EN SY TRAWANTE.

GERRIT IS SENUWEE-AGTIG
BAZIL PROBEER SY POUS HOU.

DRAADKAR

Hallo Dok…dankie vir daardie hummmmm, klein gunsie. Maar ons het nog ’n klein gunsie nodig….

DRAADKAR KYK NA GERRIT MET DIE IDEE OM HOM UIT DIE WEG TE KRY. DRAADKAR SIT WEER SY DUIME BY SY BELT SE BUCKLE IN EN BEWEEG MET SY VINGER-PUNTE TEEN SY GULP. HY SMILE. DAN KYK HY NA GERRIT MET ’N FRONS EN TREK SY SKOUERS OP.

DRAADKAR

Privaat?

BAZIL

O dis my vriend, Gerrit. Hy is die hairdresser van oor die pad. julle vriendinne doen gewoonlik hulle hare by hom. Girl, dis nou Draadkar, Buffelbees en Protter.

GERRIT STAAN OP EN STEEK SY HAND UIT VIR HANDSKUD. DRAADKAR VAT GERRIT SE HAND STADIG EN DRUK DIT ASPRIS HARD. MAAR DIE ANDER TWEE DOEN DIESELFDE . SO ASOF HULLE VIR GERRIT WIL WYS ‘WIE IS BAAAS HIER ROND’
HY MAAK DRAMA VAN DIE HANDDRUK.

GERRIT

Aangenaam

DRAADKAR

Aangenaam hu? Nogal fancy né. Hoekom gaan doen jy nie maar die gooses se hare nie sodat ons met jou vriendjie hier kan praat. Of sal ons jou help?

GERRIT

O ek wil nog vra….

DRAADKAR

Nee, jy wil niks vra nie….

PROTTER EN BUFFELBEES STAAN NADER MET DIE DOEL OM VIR GERRIT UIT TE HELP.

GERRIT

Ok ok….ek mince…..Sien jou later girl.

BAZIL SPRING OP, EN STAP KORT, VINNIGE TREETJIES DEUR TOE.

DRAADKAR

Mince? wat de moer is dit?

BAZIL

Dis om te loop. maar ons manier van praat.

DRAADKAR KYK VIR BUFFELBEES EN PROTTER EN LAG. BUFFEL EN PROTTER LAG OOK SAAM.

DRAADKAR.

Nou gaan julle ook nou maar ‘mince” ?

DRAADKAR KYK NA PROTTER EN BUFFEL MET ’N SARKASTIESE KYK. HULLE LAG.

GERRIT TRIPPEL UIT.

DEURKLOKKIE LUI EN HY MAAK DEUR AGTER HOM TOE EN KYK TERUG NA BAZIL.

DRAADKAR

FLUISTER
Ons het ’n gunsie om te vra….

BAZIL

Jy kan maar harder praaat. Dokter van Rooyen is reeds huistoe. Ek is alleen hier.

DIT LYK NIE OF DRAADKAR HOM GLO NIE. DRAADKAR KYK NA DIE DOKTER SE TOE DEUR.

BAZIL
Ek sweer….

 

BAZIL MIK NA DIE KABINET WAAR DIE LEÊRS IS MET DIE GEDAGTE DAT HULLE NOG INFO SOEK OOR EEN OF ANDER PASIENT. ADRES OF TELEFOON NR…..

DRAADKAR.

PRAAT NOU HARDER EN VINNIGER. DRINGENDHEID IN DIE STEM.

Luister nou mooi, Doc, kry jou noodhulptassie en baie verbande. Een van ons ouens, kom ek sê nou maar, is ligtelik beseer. Ons het nie veel tyd oor nie. Jy sal jou gat in rat moet kry. En moenie dat ons twee keer vra nie. En NEE is nie ’n opsie nie. Toe-Toe…

DRAADKAR PRAAT NOU MET ERNS EN DRINGEND. DINGE MOET GEBEUR. HY DRUK VIR BAZIL IN DIE RUG OM VINNIGER TE BEWEEG.
BAZIL GRYP NA ’N WIT NOODHULPTASSIE, VERBANDE. HY VERDWYN IN DIE DOKTER SE SPREEKAMER IN, KOM UIT MET INSPUITINGS. SO ASOF HY GEREED GAAN MAAK VIR ’N 4 URE OPERASIE.
DRAADKAR, BUFFELBEES EN PROTTER RAAK ONGEDULDIG OMDAT BAZIL SO RONDDRAF EN NIE TOT ’N PUNT KOM NIE.

DRAADKAR.

Toe toe nou. Jy mors tyd. het jy alles. Ons wil nie daar aankom en die helfte van die goed is nog hier nie. Buffel, vat hierdie en druk dit in jou sak, Protter sorg dat jy hierdie tassie op jou bike kry. Ons het genoeg tyd gemors. Doc, het jy alles? kom kom….vat hier is jou helmet sit die ding op jou kop.

DRAADKAR HET ’N SPAAR HELMET EN DRUK DIT ONGEDULDIG OP BAZIL SE KOP. BAZIL HAAL DIT AF END RUK SY HARE WEER REG WAT HY DINK DEURMEKAAR IS.
DRAADKAR DRUK DIE HELMET WEER OP SY KOP.

DRAADKAR
Fok jou hare. Jou maatjie kan die weer regmaak, jy kom nou saam met ons.

BAZIL

Maar wat nou?….ek kan nie….wag wag julle….dink julle dis ’n goeie idee….hum….wag…..

BAZIL IS DUIDELIK SENUWEAGTIG EN OP DIE PUNT OM KOP UIT TE TREK.
DRAADKAR VAT DIE HELMET, DRUK DIT OP BAZIL SE KOP, VAT ’N EKSTRA LEER BAADJIE EN EN DRUK DIT SO TEEN BAZIL SE BORS VAS.

DRAADKAR.
Hier, trek aan. Ons moet ry. Jy ry saam met my agter op die bike.

Toe kom.

BAZIL TREK DIE BAADJIE AAN, WIL NOG IN DIE SPIEEL VIR HOMSELF KYK EN DIE KRAAG REGTREK, MAAR DRAADKAR VAT HOM TOE AGTER SY NEK VAS, TREK SY GESIG NADER AAN SY EIE, KYK VIR BAZIL IN DIE OÊ EN FLUISTER,VINNIG PRAAT.

Kom, jy doen dit vir die club, vir my, vir jouself. Vanaand is jou kans om jouself as doc te bewys. vir my, vir jou, vir almal….

BAZIL ZIP DIE BADJIE TOE, DRUK SY STETOSKOOP VOOR BY DIE BAADJIE IN, STAP DEUR TOE, SIT DIE LIGTE AF EN SLUIT DIE DEUR.

VERHOOG SE LIGTE DOOF UIT. NET EEN ROOI LIG WAT OP ’N KAPSTOK VAL WAT EEN VIR DIE BIKERS IN DIE MIDDEL VAN DIE VERHOOG GESKUIF HET MET ’N WIT JAS DAAROP. ROOI LIG VAL DAAROP. KLANK VAN MOTORFIETSE WAT OPSTART, SPIN, WEGJAAG EN UITDOOF. THUNDERSTRUCK SOUND BEGIN SPEEL.
THUNDERSTURCK DOOF UIT
KLANK VAN WAREHOUSE DEURE WAT OOPGAAN, MOTORFIETS WAT STOP EN AFGESIT WORD. MENSE STEMME.
HELDER WIT LIG SKYN OP DIE WIT JAS FLIKKER NET SOOS ’N HARTKLOP.
DOEF DOEF…..DOEF…DOEF….
KLANK DOOF UIT
LIG DOOF UIT
STILTE
BLACKOUT.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: