DEEL 10 (Middernag in die spreekkamer)

DIT IS 12 UUR IN DIE NAG.

SPREEKKAMER IS DONKER. BAZIL EN DRAADKAR KOM BY DIE DEUR IN. BAZIL VOOR, DRAADKAR BAIE NABY AAN HOM. BAZIL LYK BAIE MOEG, UITGEPUT EN BIETJIE GESTRESS. SIT ’N LIG AAN.
HULLE KYK VIR MEKAAR. DRAADKAR LYK TEVREDE MET HOMSELF, MAAR MOEG EN MENS KAN SIEN HY HET ’N HARDE DAG GEHAD.

BAZIL SE NEK IS SEER EN VRYF MET SY HAND DAAROOR. BAZIL IS FISIES EN EMOTIONAL MOEG.

BAZIL
Genade tog, Draadkar. Ek kan nie glo wat vandag gebeur het nie. Wat het ek gedoen? Ek sal myself nooit vergewe…wat as ek tronk toe gaan…wat as hulle jou vang?….ek sweer, nooit in my lewe weer nie. Dis die eerste en laaste. Ek is finish.
BAZIL PRAAT VINNIG, AANHOUDEND EN BAIE NA AAN TRANE. SOOS HY AANGAAN SAL MENS DINK HY HUIL AL, MAAR DAAR IS GEEN TRAAN IN SIG NIE. DRAADKAR STAAN LANGS HOM, BIETJIE GEIRRITEERD OOR DIE DRAMA EN AANSIT. DRAADKAR IS NIE GEWOOND AAN DRAMATIC QUEENS NIE. MAAR DAN WONDER MENS OF HY NIE DALK DAARVAN HOU NIE? KAN DIT WEES?

DRAADKAR

Jy het ’n lewe gered, Dok…

DRAADKAR SMILE

 

BAZIL

Dink jy so?

DRAADKAR.

Ek weet so. Jy was bleddie goed gewees. Respect man….

DRAADKAR SKUD BAZIL SE HAND EN HOU BAZIL SE HAND IN ALTWEE SY HANDE VAS TER WAARDERING VIR SY BRAWE DAAD. ’N STUKKIE VAN DRAADKAR SE SAGTE HART KOM DEUR, MAAR NIE TE VEEL NIE.

BAZIL IS MOEG. HY GAAN SIT OP DIE VLOER MET SY RUG TEEN DIE LESSENAAR.
DRAADKAR VOLG
DRAADKAR HAAL ’N BAIE DIK KOEVERT UIT SY SAK, GEE DIT VIR BAZIL
BAZIL KYK DAARNA, DAN NA DRAADKAR. BAZIL HUIWER OM DIT TE VAT. HOU SY HAND VOOR SY OË.

DRAADKAR.
Vat dit. Dis jou betaling. Onthou een ding, niks is OOIT verniet nie.

BAZIL

Ek kan nie….Draadkar. Ek voel aardig. Ek is bang, regtig bang vir wat ek gedoen het. Ek het medisyne uit die kas gesteel. Ek is nie ’n dr nie, net ’n ontvangs.

DRAADKAR SMILE SKEEF.
’n Dokter met ’n graad as ’n switch bitch.

DRAADKAR

 

Hey Bazil, relax, dude….luister na my. Jy is my dr. jy is ONS dokter. Ons ken die reëls, maar ken die reëls vir ons?….nee….ons het ons eie reëls….vat die geld.

DRAADKAR DRUK DIE GELD BY BAZIL SE HEMP IN….VAT AAN DIE STETSOSKOOP WAT NOGSTEEDS OM BAZIL SE NEK HANG. KYK NA DIE PLAT GEDEELTE WAT MENS OP JOU HART SAL DRUK. SMILE SKEEF. MAAK ’N SNORK GELUID.

HULLE SIT LANGS MEKAAR OP DIE VLOER
SKOUER TEEN SKOUER
BAZIL SE BENE IS REGUIT VOOR HOM UITGESTREK. DUIDELIK TE MOEG OM KRUISBEEN TE SIT, MOENIE EERS PRAAT VAN OPSTAAN NIE.

DRAADKAR BENE IS OPGEREK, WYD OOP MET SY VOORARMS WAT OP SY KNIEE RUS. SY KOP HANG TUSSEN SY ARMS EN KYK VIR DIE VLOER. HY SWAAI NET SO NOU EN DAN SE KNIEE HEEN EN WEER. BAZIL KYK DAARNA, MAAR KYK DADELIK WEER WEG.
HULE SIT NABY AAN MEKAAR

DRAADKAR

Sê my, wat is dit met die stetoskoop om jou nek?

BAZIL

Dis ‘;n special ding. Mens kan na iemand se hartlop luister. Dis die naaste wat jy aan iemand kan kom om daai hartklop te hoor….daai DOEF….DOEF….DOEF….DOEF….JY WEET?

DRAADKAR.

Ek verstaan nie so lekker nie, Dude, maar ek dink ek weet wat jy bedoel.

DRAADKAR HAAL ’N BOTTEL WISKY UIT SY SAK, VAT ’N SLUK UIT DIE BOTTEL
GEE VIR BAZIL DIE BOTTEL
BAZIL VAT OOK ’N SLUK

DRAADKAR.
Vat ’n gloot sluk. Die goed bevat tippexx. whipe out all memory.

DRAADKAR SMILE, DAN LAG HY VIR SY EIE FLOU GRAPPIE. BAZIL KYK NA DRAADKAR EN SKUD SY KOP. SO ASOF HY WIL SÊ “AG JIRRE, DIE STRAIGHTS EN HULLE KAK GRAPPE”

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: