BREINSUIKER?

Daar is so baie mense wat vir my vra:

 

“Nou wat is hierdie BREINSUIKER?”

“Waaroor gaan dit tog?”

“Dis darm maar vreeslike donker fotos, sketse en designs wat jy post”

 

Daar is sommige mense wat vir hulle kinders sê “Seun, moet asseblief nie daardie website oopmaak nie”

“My dogter, moet asseblief nie daai Blog gaan lees nie, ook nie die boek bestel nie”

 

Dan is daar sommige mense wat na die website gaan kyk, of die facebook page, dit dit vinnig toemaak as hulle DINK iemand sien hulle.

 

Ja, die images is donker, die fotos maak nie alles sin nie, die gekrap en aaklike handskrif skrik mens af, ek verstaan dit, maar….

 

Maar, gaan lees die teks, dan sal jy alles verstaan.

 

Dit werk se. Of liewer, Breinsuiker werk so.

 

Almal van ons het ‘n stukkie seer wat ons saam dra.

Almal van ons het ‘n stukkie donker wat saam stap.

Almal van ons is soms opsoek na iets.

 

Dan lees jy my gedigte, kort stories en verhale. En ‘n hele nuwe wêreld gaan vir jou oop.

 

Daar is hoop vir mense wat seer het. Daar is hoop vir mense wat donker voel. Daar is hoop vir mense wat iemand aan die dood afgestaan het. Daar is altyd hoop, en woorde gee hoop.

 

Aan die agterkant van elke donker image, foto en skets, is daar ‘n reënboog, ‘n son, ‘n ster, ‘n suiderkruis en ‘n pallet vol kleur. Gaan soek dit net.

 

Sommige mense is so seer dat hulle niks van die reënboog kan raaksien nie. Breinsuiker is hier om dit te verander. Breinsuiker maak weer soet. Breinsuiker laat jou anders dink en kyk. Breinsuiker is lig. Breinsuiker gee hoop.

 

Dus, sien die hele prentjie in konteks, bring die donker deel by die lig uit…dan is daar MAGIC….MAGIC….MAGIC….

 

Al wat jy moet doen is om daardie ‘power button’ te druk, dan sal die donker verdwyn, en lig sal inkom…traai dit net.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: