DEEL 3

HY VERTEL DIT VINNIG EN TROTS. BEDUIE BAIE. MIK SELFS MET DIE STETOSKOOP NA HAAR KANT TOE , MAAR SY KEER.

MOSTERT.

Moet jou nie simpel hou nie. Watse blaas en pomp is dit met jou. Hierdie is nie speletjies nie, dis ’n proffesionele aangeleentheid. En watse storie met skietwonde?

BAIE ONGEDULDIG. EN MOEILIK.

BAZIL

Haai mevrou. Hier is mos hierdie ‘bikers gang” in die dorp. Daar word mos gedurig by hulle warehouse in Factory straat geskiet. Ek het al van hulle gesien. Rowwe mense met wie jy nie moeilikheid soek nie. Pal by die apteek om verbande in salf te koop. Selfs Mecerobrome by die liters. Hulle is mos vreeslik bang om dr toe te kom. Ek het al gehoor hulle sê dat hulle doen en late ’n groot geheim is en dat die buite wêreld niks mag weet nie….Die ander dag vertel iemand my dat hulle sommer wisky op die wonde gooi om te disinfect. As hulle vermoed iemand weet iets van hulle, verdwyn daardie persoon soos mis voor die son. Ek sê vir mevrou, hulle is bitter baie gevaarlik.

INTERKOM LUI.
BAZIL GRYP SY BORS VAS. SKRIK.

BAZIL.

Dr Van Rooyen se kamers, goeie more. Bazil wat praat.

VOICE DR VAN ROOYEN.

Jy hoef nie elke keer die rypmpie te sê nie. Stuur seblief vir Mev Moster deur.

BAZIL

Goed dr. Ek stuur haar deur.

Mevrou, Dr is gereed vir u. U kan maar deurgaan. Onthou net om die rekening te betaal sodra ek klaar is by hom. Streng kontant vir privaat pasiente. Ons vat nie meer chekcs nie. Laas het U check gebounce. Cash only please.

 

MOSTERT

Dankie…..

SY KYK NA BAZIL MET SKREEF OGIES. SO ASOF SY WIL SÊ DIE BESOEK HET NIKS MET JOU TE DOEN NIE EN MOENIE EERS BY DIE DEUR STAAN EN INLUSITER NIE, MAAR SY SÊ DIT NIE.

 

BAZIL TRIPPEL NA DIE TELEFOON TOE, MAAK ’N TELEFOON BOEKIE OOP, SLAAN ’N NOMMER NA EN BEL DIT. DRAAI MUSIEK SAGTER EN TAP MET SY VINGERS OP DIE LESSENAAR VAN ONGEDULD.

Girl, you wont believe me. Mevrou Moster is hier by die dr. Sy is vreeslik upset. Sy het gesê dat jy haar kopvel met die perming lotion gebrand het en sy moet nou streng behandelling kry. sy het ook gesê dat jy die oorsaak van haar brandwonde is en dat sy jou gaan dagvaar vir alles wat jy het. Sy sê dat jy meer tyd op die telefoon spandeer as by jou werk. sy is Hilda….

BAZIL BESEF DAT GERRIT DIE TELEFOON IN SY OOR NEERGEGOOI HET EN KYK NA DIE SPREEKBUIS.

Hallo…Girtroute…..hallo kan jy my hoor? Is jy nog daar?….

DEURKLOKKIE LUI EN GERRIT KOM IN. BAIE UPSET. TRIPPEL, HANDE IN DIE SYE, HAARKNIPPE AAN SY HEMP VAS. NOG MET ’N VOORSKOOT AAN WAT WYS HY IS BESIG OM HIGHILIGHTS TE DOEN.

GERRIT

Girl, waar is daai vrou. Ek is so upset omdat sy my beskuldig. Sy Linda (LIEG) vir jou…Sy was 2 weke laas by die salon en sy perm nie. Sy het vir ’n blow and dry gekom. Dis al. Ek moes die conditioner langer inlos en sy het gesê ons moenie massage nie, haar kopvel is baie sensititief.

BAZIL

Stadig Girl. Kom sit hier. Ek het maar net gesê wat sy my vertel het. Relax. Kom vertel alles en hou niks terug nie. My lips are sealed. Was die vrou nie by jou nie? Sy is vasbeslote jy het haar vel gebrand en selfs dat haar hare by die klosse uitval in die wasbak as sy was en klosse aan haar borsel vasit.
BAZIL DIK HIERDIE STORIE AAN EN LAS BAIE MEER STERTJIES BY AS WAT MOSTERT VERTEL HET.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: