Dis oggend. Bazil sluit oop, sit Celine Dion cd aan. Stap na afspraakboek, druk pen in sy mond en haal lêers uit ’n kas vir die dag se pasiente.
Stap rond, gooi plante nat, sing saam met Celine D. Stof die SSB boek af en hang stetoskoop om sy nek. Hy dink dit laat hom belangrik lyk, al is hy net ontvants. Breek ’n paar dooie takkies van die potplante af.
INTERKOM LUI, HY TEL GEHOORBUIS OP EN DRUK KNOPPIE OM ANTWOORD TE GEE. FLINK EN PROFFESIONEEL
Dr Van Rooyen se kamers goiee more hoe kan ek help? Bazil wat praat.
VOICE DR VAN ROOYEN
Bazil, jy hoef nie die hele rympie te sê nie. Jy kan mos op die knoppie met die plakkertjie sien dat dit ek is wat van spreekkamer hier langs jou bel. Mens noem dit ’n interkom. Hoe lyk my afspraakboek vandag?
BAZIL
Eksuus dr, ek was ingedagte. Vier Pasiente vanoggend waarvan Mev Mostert die eerste een is. Ons kan net raai wat dit nou weer beteken. Huismoles sê ek vir dr. Dit lê die hele dorp vol dat Giel op Wiele sy vrou bykom met ’n vuis of ’n spanner
VOICE VAN ROOYEN
Ja, Ja, Toe nou maar. Bring maar solank die eerste leêr deur dat ek kan kyk. Hou die pasient maar net so 10 minute langer in die wagkamer sodra sy kom… Ek wil net hier by die buitedeur sit en my koffie klaar drink en sigaret klaar rook.
BAZIL
…ja ja laas toe sy hier was het sy ’n probleem met haar kniee gehad. Ek sien hier in die leeêr staan dit dat Giel haar met ’n weelspanner gegooi het toe sy wou wegloop en by haar ma gaan bly het. Vir 3 weke kon sy nie……
VOICE DR VAN ROOYEN
Bazil, hoeveel keer moet ek sê dat jy NIE die pasiente se leêrs moet lees nie. Dis onproffesioneel en ek kan in die moeilikheid kom daaroor… Daardie leêrs is konfidensieel. Niemand mag die info kry nie. Jy kan aangekla word as jy dit doen. Hoor jy? Ek sal jou buzz as sy kan deurkom.
haha
LikeLike