Dit was die laaste wat ons huisgodsdiens gehou het en sy het. Tannie Hessie het die Bybel stadig toegemaak, daaroor gevryf en hom in oorle Oom Charles se bedkassie gaan wegsit. Finish en klaar.
Ek gaan slaap, het Tannie Hessie gesê. Lekker slaap, Kind en voor jy toesluit gaan kyk of die hoenders ok is. Die muskeljaatkat is weer listig vanaand. Ek wil nie more ’n lëe honderhok he nie.
Goed Tannie. Lekker slaap, Tannie.
Ek het uitgestap, hoenderhok toe, gekyk dat die hekkie mooi toe is en die toom henne in hulle neste is en toe stap ek om die hoek van die huis, verby die druiwe prieel, die stokrose tot by die voorstoep. Daar in die lig wat deur die venster vanuit die sitkamer skyn, sien ek vir Timothy en O Connor. Hy het langs haar gekniel, haar hande in syne gevat en diep in haar oë gekyk. Hulle het saggies gepraat. Amper gefluister.
Sy het geglimlag, toe ’n ligte laggie gegee en aan sy wang gevat. Hy het ’n los sliert hare uit haar gesig gevee.
Ek het gesorg dat ek agter die groot peerboom, waar ek en sy gewoonlik sit, wegkruip sodat hulle my nie moet sien nie.
My gewete wou eers aan my knaag omdat ek hierdie intieme gesprek afluister, maar nuuskierig is ’n ander ding.
O Connor het met sy regterhand op sy knieg gedruk en opgestaan. Hy het toe vir Timothy van die stoep af opgehelp en daar staan hulle in mekaar se arms, op die groot rooi stoep van Tiemie laan in Tweeling. Toe hy haar soen het ek maar weggekyk. Ek het stadig nader gestap, en gesorg dat hulle my nie sien nie.
“Come with my, my prinsess. Come stay with my in Ireland” kon ek hom hoor praat.
“Yes, I will. Lets get married and take me away from this town” het sy gesê.
Toe het ek geweet dat dit die laaste keer sou wees wat ek vir Timothy sou sien. Ons sou nooit weer onder die groot peerboom sit en penvriend briewe lees nie, ons sou nie weer in die ou dam buite die dorp gaan swem en lag vir simpel grappe nie. Ons sou nie weer saam naaldekokers jaag nie en met die groot trekker tube op die rivier dryf tot die son ondergaan nie.
Ons sou nie nooit weer saam na plate luister en wals op die maat van die blue denube nie.
Ons sou nooit weer saam na liefdesstroies op die draadloos luister nie.
O Connor het die huis ingeloop en Timothy het op die rooi stoepmuurtjie gaan sit met haar rug teen een van die pilare. In die dowwe lig wat deur die venster skyn, kon ek sien dat sy troos gevind het. Ek kon ook sien dat sy klaar besluit het. sy sou weggaan, ver weg.
Timothy, het ek saggies haar naam gesê.
Sy het opgekyk en in my oë gekyk:
Ek gaan weg Neef. My seisoen het aangebreek, het sy gesê. Ek wou nog gevra het waar die man se ‘seisoen’ sit, maar toe los ek maar.
Ek weet, is al wat ek kon sê
Leave a Reply