MR O’CONNOR EN DIE ROOS (ACT 10)

Ek het die deur weer stadig toegemaak, op knip gesit en die gang afgestap verby die fotos van Oom Charles en Tannie Hessie se troue, Timothy se doop en ’n paar ander fotos van family byeenkomste.

 

Toe ek by die groot boom aankom waar Timonty nog geduldig sit en wag, sê ek:

“Timothy ons sal ons laaste vak moet leer. Dis Afrikaanse litteratuur more. Gelukkig is jy goed daarmee” het ek gesê

“Ja, dis nie te moeilik nie. Ek wil net ’n paar vrae hersien oor die voorgeskrewe boek, dan moet ons seker begin kook vir die loseerders. Ek wonder waar is O Connor. Ek het hom nog nie met ’n oog gesien nie, het sy gesê

Ek ook nie. Dalk het hy in die veld gaan stap. Hy is mos gaande daaroor om in die middae te gaan stap, het ek ’n witleun vertel.

 

Later daardie middag het ons met die Donderdag spyskaart begin.

Skaaptjops en aartappels met ’n beetslaai en kondensmelk sousie.

Tannie Hessie is nogsteeds besig in die hoenderhok en haar groentetuin. Dis so asof sy die seer en verlies van Oom Charles in die hoenders in jaag.

Kyk, jy kook die aartappels net so aan die buitekent sag. Dan skraap jy dit met ’n vurk om sulke slootjies te maak. Dan bak jy dit in warm olie. Die aartaaples maak dan sulke pragtige bruin puntjies soos hulle bruin word. Dit lyk mooi op ’n bord saam met die skaaptjoppie, het ek vir Timothy verduidelik.

My doel was nie om vir haar te leer om artapples te bak nie, nee, maar om haar aandag van Oom Charels se dood en die hartseer af te kry.

Sy het die tafel gaan dek. Nie so mooi soos altyd nie. So halwe poging, sou ek sê.

Die loseerders het een vir een ingekom vir aandete. Soos gewoonlik het Timothy weer vir O/Connor op die kop gedek. Toe hy ingestap kom, het hy penreguit na Timothy toe gestap en vir haar ’n bos bloedrooi rose gegee.

Ek het om die hoekie gestaan en kyk. Ek wou nie gehad het sy moes sien dat ek kyk nie. Die ander loseerders het soos gewoonlik aangesit vir ete.

O Connor het vir Timothy in die oë gekyk, aan haar wang gevat, die blomme vir haar gegee en gesê:

Timothy, my dear Timothy. I am so sorry for the loss of your father. Please let me know if I can do anything for you.

Timothy het trane in haar oë gekry, gehuil en haar kop op O Connor se bors gesit. Hy het haasr vasgehou.

 

Toe sy uitgehuil is, het hy haar gelos en sy het kombuis toe gekom om die storie vir my te kom vertel. Natuurlik het ek geweet wat aangaan, ek het allermins die ding aan die gang gesit en dit het nie veel moeite gekos om vir O Connor te oortuig nie. Hy het dadelik ingestem.

Die loseerders het klaar geeet. Ek, Tannie Hessie en Timothy het nog in die kombuis gesit en ’n pot koffie gemaak vir na ete, toe Timothy sê dat sy buite op die stoep wil gaan sit.

Kind, het Tannie Hessie begin:

Hoe lyk dit my Timothy kan haar pa se dood na verwerk nie:

Ek weet nie Tannie. Sy sal orraait wees, maar dit gaan baie geduld vat om haar te troos. Maar hoe voel Tannie.

My Kind, mense kom en mense gaan. Mense word gebore en Mense sterf. Dis die lewe en ons moet aangaan, het sy gesê
Dit het my geskok dat sy so kalm was oor die oom se dod.

Wat is aan die gebeur tussen Timothy en daardie oorsese man? het sy gevra en daardie vraag het my geskok. Eers het ek geskrik, maar toe besef ek dat Tannie Hessie se oë en ore oral is, al dink ons nie so nie.

Ek weet nie Tannie, ek sien hulle kyk maar vir mekaar.

Sy gaan hom vat en weggaan, sê ek jou, het Tannie Hessie gesê en haar arms op die tafel gekruis met haar elmboe stewig op die tafelblad.

Sy wou al lankal hier weg. Ek weet. Ek het mos oë in my kop, ek kan sien hoe hulle vir mekaar kyk, het Tannie Hessie gesê.

Ek het opgestaan en koffie geskink

Dankie, het sy gesê en ’n slukkie gevat.

En jy? Wat gaan jy doen wanneer julle klaar is met skool. Gaan jy weg?

Nee, Tante, ek dink nie so nie. Waarheen sal ek in elke geval gaan?

Bly hier, het sy gesê
Bly by my.

Ek kon nie help om te huil nie. Ek het gehuil oor Tannie Hessie, oor Timothy, oor Oom Charles, oor die O Connor man en oor Tweeling.

 

 

 

Ek sal by Tante bly, het ek gesê en haar vasgehou. Vir die eerste keer het sy gehuil, saam met my. Oor oom Charles.

Kry die Bybel het sy gesê
Ek het opgestaan, die Bybel gaan haal en sy het uit Psalm 23 gelees. Die hele Psalm.
Sy het die Bebyl toegemaak, my hande in hare toegevou en gesê:
KOm laat ons bid.

Ons het gebid sonder woorde. Sy in haar kop en ek in my kop.

Bid is ’n privaat ding, het sy gesê en hardop AMEN gesê.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: