Laatmiddag toe Timothy die tafel vir Mr O”Connor moes dek vir aandete, het sy spisiale moeite gedoen.
Sy het lank na die tafel gestaan en kyk, borde geskuif, dan weer teruggestaan en die spul bekyk. Dan die messe en vurke geskuif, teruggestaan en kyk. Die glase eenkant toe geskuif, dan weer die adner kant toe. Terggestaan en kyk. So asof sy vir ’n kompetiese moes dek, of nog erger, asof sy ’n bruidstafel vir ’n bruilof moet dek. Ek skrik vir my eie gedagtes.
Sy het die servette mooi gevou, die glase mooi blink gevryf en selfs blomme op die tafel neergesit.
Sy het ’n paar clivia’s in die tuin gaan pluk, bloedrooi rose wat langs die voetpaadjie groei en fyn blommetjies vir onderlangs wat sy dan in die oase gedruk het.. Sy het kerse uit die kas gaan haal, hulle in lang kandelare gedruk sodat mens nie oor die tafel in die kerse moet vaskyk nie, maar mekaar in die oë kan kyk gedruk en dan Ivy op die tafel vir ’n groenigheid.
“Jy kan nie die tafel so ‘inkleur’ nie” het Tannie Hessie gesê.
“Vir wat nie, Ma. Kyk,dis mooi”
“Ja, dis mooi, maar as jy dit eenkeer doen moet jy dit elke keer doen. Ons is nie aanstellirge mense nie en jy weet dit” het Tannie Hessie vir Timothy probeer keer, maar Timmothy het haar nie gesteur nie en aangehou.
“Jy maak nou ‘n bespotting van die losieshuis” het Tannie Hessie gesê.
“Ma, kyk hoe mooi lyk die tafel. Dink Ma nie so nie?” het sy aangehou kerm.
“Nee, dit lyk soos ’n goedkoop krismiskat” het Tannie Hessie gesê.
Ek kon sien dat Timothy haar nie juis aan haar ma gesteur het nie. Selfs toe Oom Charles kom praat het, het Timothy haar nie aan hulle gesteur nie. Sy het elke artikel in al wat ’n tydskrif is uitgeskeur met die titel “Idees vir ’n romantiese tafel”
“Timothy, ek ken jou nie meer nie” het oom Charles gebulder, omgedraai en sleepvoet terug kamer toe geloop.
Ek het hom jammer gekry.
Timothy het vir Mr O Connor op die punt van die tafel gedek, sodat hy, soos ek reken, nou maar belangrik moes voel. Timothy, Tannie Hessie en Oom Charles het later van tyd nie meer in die eetkamer saam met die loseerders geet nie. Hulle het in die kombuis gedek en daar geeet. Oom Charles wou nie tussen die klomp vreemdes wees nie en het gesê die blomme gee hom hooikoors en mens kan nie die Bybel by hierdie kerslig lees nie.
Daardie aand, tydens aandete toe die Bensons in die kombuis sit en eet, het Timothy kort-kort opgestaan om te gaan kyk of alles reg is by die eetkamer tafel. Sy vat dan ’n fles water in en kom met vuil borde uit. Dan weer ekstra servette in en kom met opskepbakke uit. Heen en weer, Heen en weer.
“Vir wat is die kind so op en af?” wou Oom Charels weet
“Sy vat die losieshuis baie ernstig op” het Tannie Hessie gesê. Wetend dat sy nou ’n wit leun vertel, want Tannie Hessie het geweet wat aan die gang was. Sy kon deur haar dogter sien.
Timothy het vir my die volgend dag vertel dat elke keer as sy eetkamer toe was om te hoor of alles in orde is, die O’Connor man haar aangekyk en geglimlag.
“Kyk, Neef, hy het so gemaak”
NEEF BEDUIE MET SY OË MOND EN KOP EN PROBEER DAN VIR TIMOTHY NABOOTS SOOS WAT SY DIT VERTEL HET.
“Toe ek sy bord voor hom wou wegvat,” begin sy vertel, “het sy vingers liggies aan myne geraak. Hy het toe diep in my oë gekyk en geglimlag. Ek dink dat hy dalk op my verlief is”
“Meneer O Connor kan mos nie op jou verlief wees nie. Jy is nog in die skool en hy is ’n volwasse man. Jy moenie nou muisneste kry nie, jy sal dat jou pa morsdood neerval” het ek haar probeer keer.
“Wanneer laas het jy ’n brief van ’n penvriend gekry?” het ek haar aandag van meneer O’Connor probeer aftrek.
“Ag Neef, penvriende is kinderagtig. Ek het opgehou om vir hulle te skryf. Dis net kinders wat met penvriende sukkel” het sy gesê. Ek wou nog vir haar sê dat sy dan nog ’n kind is, maar het liewer besluit om stil te bly. Met Timothy kan mens nie wen as sy iets in haar kop het nie.
Toe die derde dag aanbreek en almal dink dat Meneer O Connor gaan vertrek, kondig hy aan dat hy nog gaan aanbly.
“Vir hoe lank?” wou Tannie Hessie weet.
“Sorry?”
“For how long?” vertaal Timothy met ’n baie bree glimlag om haar mond.
“I am not so sure. I love your town and the guesthouse is really lovely and friendly” het Meneer O Connor gesê
Tannie Hessie het dit so aanvaar, want sy het net oë vir daardie geldblikkie. Die kamer aan die einde van die gang wat op die tuin uitkyk het oopgegaan en hulle het gevra of Meneer O Connor nie eerder daarheen wil skuif sodat Timothy haar kamer kan terugky nie.
Hy het nie ’n brobleem daarmee gehad nie en hy het getrek.
Timothy het teruggetrek huis toe, na haar eie kamer toe en dit was ’n groot kopseer vir Tannie Hessie. Oom Charles het net diep gesug en gesê: “Vrou, ons sal maar ’n slot aan die deur moet sit. Daai meisiekind raak nou groot”. Net so. Dis al wat hy gesê het.
Met die wat hy sê “Die meisiekand raak GROOT” het hy eintlik baie meer bedoel was wat mens dink jy hoor. Groot kan baie dinge beteken.
Die eindeksamen het nader gekruip. Ek en Timothy het baie saam studeer, vasbeslote om Matriek te maak en die dorp te verlaat. Na skool het ons gewoonlik in die kombuis gaan
sit en leer. Wanneer ons klaar was het ons met die aandkos begin. Die losieshuis het vol gebly
’n Week voor die eindeksamet sou begin, kom Oom Charle tot sterwe. Tannie Hessie was in die badkamer besig . Dit moes seker so 7 uur in die oggend gewees het. Oom Charles het op die kant van die bed gesit, besig om sy skoene aan te trek. Toe hy die linkervoet se skoen wat aantrek, val hy agteroor. Morsdood. Tannie Hessie het hom so op die naat van sy rug gekry toe sy in die kamer kom. Sy het eers gedink hy lê net bietjie, maar toe sy nader stap en sy in sy gesig kyk, het sy geweet dis verby. Die dr het gesê dat dit ’n hartaanval was. Blykbaar was daar te veel bekommernis wat op sy hart gerus het.
Tannie Hessie het vanuit die kamer vir Timothy geroep.
Toe Timothy haar pa so sien het iets in haar gebreek.
Hoe verwerk ’n mens ’n dood wat sommer net so vinnig gebeur?
“Kan ma nie probeer om hom aan die lewe te kry nie?” het Timothy gevra
“Nee, kind, dis verby. Gaan bel die dr en moenie dat die loseerders hoor nie. Ek wil nie ’n sirkus hier in my huis he nie” het Tannie Hessie beveel.
Timothy was hartseer en geskok deurmekaar. Sy het die sentrale gebel en gevra hulle moet haar asseblief deursit na die dr toe. sy kon nie die dr se nommer onthou nie.
Die sentrale wou nog weet wat aangaan, toe sê Timothy, uit pure skok, ‘dis nie julle besigheid nie, julle is in elke geval klomp skinner bekke’.
Sy moes dit nie gesê het nie. Sy kon haar tong afgebyt het van spyt.
Dit was ’n Sondag oggend. Ek het nog in die bed gelê en luister na die Sondag geluide. Sodag geluide klink mos anders as Maandag of Dinsdag geluide. Dis asof die Here ’n ander plaat opgesit het. Tot die voeëltjies se sing het anders geklink.
Timothy het woes aan my kamervenster kom klop en kliphard gehuil. Ek het eers gedog dat Oom Charles die O Connor man met die dubbel loop haelgeweer beetkery het, maar toe ek deur deur haar snikke hoor dat sy sê “Pappa is oorlede toe hy sy skoene moes aantre” het die groot skrik in my maag begin ruk tot in my keel waar dit die trane losgemaak het.
Hoe kan iemand doodgaan van skoene aantrek, wou ek nog vra.
Ek was hartseer. Hartseer vir die Oom, want ek het van hom gehou, Hartseer vir Timothy, Hartseer vir Tannie Hessie. Skielik het die Sondag geluide na ’n ander geluide verander. Nie ’n Maandag of Dinsdag geluid nie, nee, ’n heeltemal ander geluid. Mal geluide.
Ek het uitgehardloop, nog in my slaapklere en vir Timothy teen my vasgehou.
“Shuuuuu….shuuuu…..Timmy. Jammer my geliefde Nig…shuuuuu…..shuuuu” het ek haar probeer troos.
Ons het saam na hulle huis toe gestap. Ek het haar styf vasgehou. Tannie Hessie het op die stoep gestaan. Drooog-oog. Die dokter het toe klaar vir Oom Charels weggevat.
“Hy is nou weg, vir altyd.” is al wat Tannie Hessie Gesê het.
Ek weet nie wanneer sy oor Oom Charles gehuil het nie. Niemand het haar ooit sien huil nie nie eens tydens die begrafnis nie.
Toe ons met die stoep trappies opstap het Tannie Hessie vir Timothy vasgehou. Timothy het later nie meer gehuil nie, maar geween.
Tannie Hessie het toe met alle mening en mag die huis begin skoon maak. Vloere skrop, vensters skoonmaak met koue asyn water en al die koper blink gevry”f. As ons haar nie gekeer het nie, sou sy selfs die loseerders se motors gewas het. Sy het in die tuin gewerk, nog groente geplant en pampoen ranke ingedruk. Sy het selfs ’n toom hoenders gaan koop.
“Eiers is duur en die loseerders eet mos dosyne eiers in die oggend. En niks bak so lekker koek soos ’n vars eier nie” het sy gesê.
“Ma bak nooit koek nie” het Timothy gesê.
Tannie Hessie se hoenderboerdery was ’n groot sukses. Mense van oral oor het kom eiers koop. Die loseerders kon nie uitgeeet raak aan die goudgeel, vars eiers nie. Sommige mense het gesê dat Tannie Hessie nou heeltemal mal geword. Die dood van Oom Charles het haar sleg getref.
Ek moet sê, na die Oom se dood was Tannie Hessie nooit weer dieseflde nie.
Leave a Reply