DIE MAN VAN OORSEE (ACT 7)

Timothy se kop was nou wel die heeltyd besig met die sjarme skool en mannekyn besigheid, maar dit het handig te pas gekom as sy met moeilike kliente moes praat en hulle klagtes hanteerheer.
Ek was nogal knap met tafek dek , kamers mooi maak en ek het selfs ’n hand met die kos gehad.. Maar die belangrikste ding is dat ek en Tannie Hessie ’n goeie verhouding begin het. Oom Charles was ook heel tevrede dat ek in die losieshuis kom help het, want dan moes ek ’n ogie oor Timothy hou. Hy het darm so ietsie onder die tafel deur vir my gegee vir daardie moeite. Niemand het ooit daarvan geweet nie.

Dit was die maand van Oktober 1972 toe die Losieshuis tjok en blok vol was. Mense van oraloor het na die dorp gestroom. Prokureers, bouers, speurders en net gewone reisigers. Die nuus dat daar ’n losieshuis op die dorp is en dat die kos so lekker is met goeie kliente diens, het soos ’n veldbrand versprei. Nie net deur die dorp nie, maar deur die hele Vrystaat. Mense het gepraat.

Ek en Timothy was nog besig om by die kombuis tafel te sit en boontjies kerf toe daar ’n klop aan die deur was.
Ek sal gaan kyk, het ek gesê.

Hierdie was ’n heel anderste soort klop. So asof dit sagter en meer beskaafd was.

Nee, ek sal gou gaan, het sy gesê.

Hoekom dit so belangrik vir haar was om die nuwe gaste te verwerlkom, kon ek nooit verstaan nie, maar vandag verstaan ek dit baie goed. Sy het met elke loseerder wat daar aangekom het geoefen om mooi te praat, reg te loop, regop te staan en beleefd te wees. Sy het tot se ver gegaan om die regte handdruk tydens ’n groet te doen. Op ’n dag het sy haar een been so agter die ander been ingeskuif en gebuig.

“Ag nee vader tog Timothy. Nou gaan jy wragtag te ver. Dis net die mense in Engeland wat so maak.” het ek gesê.

 

“Dis sjarmant” het sy altyd gesê.

Ek het nie mooi geweet wat die woord Sjarmant beteken nie, maar al wat ek weet is dat Timothy behep was daarmee.

’n Man met ’n baie vreemde aksent kom die huis binne.

Good Morning Mister, het sy gesê.

Mister? Dit het nie vir my so reg geklink nie. Dalk moes sy liewer Sir probeer het. Mister is ’n ding wat skool gee.

Ek kon nie mooi hoor wat hy gesê het nie, want my engels was maar sleg en daardie man se engels is van ’n ander soort engels. Hoog engels met ‘erre’ wat rol en aksente op verkeerde woorde en lettergrepe. Vir ’n oomblik het ek gedog hy praat portugees of iets.

al wat ek kon hoor was yes en no.

Timothy het terugkom in die kombuis en gesê dis die mooiste man wat sy nog gesien het. Jonk, netjies en hy lyk na oorsee.

Die man was so, dalk, in sy 20’s gewees. Vroeg twintig sou ek skat. Lang man wat stewig in sy stewils staan. Pikswart hare wat hy in ’n baie netjiese middelpaadjie gekam het. Sy kopvel was spierwit in die paadjie teen die swart van sy hare. Blinkswart, kan ek nog
onthou.
Hy het die mooiste bree skouers gehad, regop rug ’n kyk in daai blou oë wat enige vrou sal laat ingee. Hy het ’n diep, warm rasperagtige stem gehad, maar saggies gepraat.

“Dis is baie elegant om sag te praat” het Timothy nog vir my gesê

Hoe lyk oorsee? wou ek weet.

Anders, het sy gesê.

Kom kyk gou hoe hy lyk. Kom man, moenie skaam wees nie, het sy in ’n fluister stem aan my gekarring.

Toe ek die man sien het ek geweet hier gaan ’n ding gebeur. Dis asof daar ’n engel in Tweeling beland het. Ek en Timothy het na mekaar gekyk, dan weer na die man gekyk en op daardie dag in Oktober 1972 kon ek sien dat Timothy se hartklop nou hardloop. Die begin van groot dinge. En hy hét na ‘oorsee’ gelyk. Ek kan tot vandag toe nog nie verduidelik hoe oorsee lyk nie, maar hy het so gelyk.

Good day, I am Mr O Connor, het die man gesê.

Hallo, is al wat ek kon sê.

 

We are full, I am so sorry, het Timothy in perfekte engels probeer sê en duidelik het sy nie gedink terwyl sy gepraat het nie.

Moenie dom wees nie, Timothy, jy kan mos nie hierdie man laat gaan nie. Sê vir die man hier is nog een kamer beskikbaar. Ons maak jou kamer leeg en rig dit vir hom in. Jy kan nie hierdie man met oorsee geld laat wegkom nie. Kyk na die man. Hy blink eintlik van die geld. Ons kan later jou pa se knorrigheid stil kry en jou ma sal nie omgee vir die ekstra inkomste nie. Onthou, daardie blik moet vol geld kom vir jou geleerdheid.

Ons het mooi vir die man geglimlag sodat hy nie moet dink dat ons hom beskinder nie en dan vat hy die hasepad om nooit weer gesien te word nie.

Sorry, Mr O Connor. We only have one room left. But it will only go open after three this afternoon. Do you want to wait a little bit? het Timothy in haar beste engels probeer praat.

Vir Timothy om engels te praat was ’n groot stap boontoe.

“As ek ’n mannekyn wil word, moet ek engels kan praat, veral as ek oorsee gaan toer” het sy vir my gesê en in ’n ‘plea’ posisie gaan staan…..so….(BEDUIE MET VOETE)

O thank you indeed, het O Connor gesê.

Maar waar gaan ek dan slaap? het timothy bekommerd gevra.

Man, kom bly daar by ons. My ma-hulle sal nie omgee nie. Hierdie man sal gehelp moet word, het ek aan enige moontlik oplossing gedink.

 

Tannie Hessie het die geskarrel in die voorhuis gehoor en gaan kyk

“Middag” het sy gesê en vir die man gekyk

“Hy is engels” het Timothy gesê.

“As ek vandag Engels moet praat, is ek in my moer in” het Tannie hessie gesê

“Ma! Moenie dat ek nou vir ma moet skaam kry nie”

“Skaamkry? Jy is nog nie oud genoeg vir ’n loesing nie, Timothy. As jy jou vir my wil skaam, dat moet jy maar ander blyplek loop soek” het Tannie Hessie sommer duiwel begin vat.

Ek moes maar lag. Tannie Hessie het altyd gepraat voordat sy haar woorde bedink.

“Timonthy, en waar gaan die man slaap. jy kan mos sien die Losieshuis is vol”

“Ma, hy gaan in my kamer slaap.”

 

Tannie Hessie het geskrik.

“Wil jy nou skande in hierdie huis bring en dit sal die einde van jou pa betekend. vir wat moet jou tog so vol dinge wees?”

“Stadig nou Tannie. Timothy gaan by ons kom bly dan kan die man in haar kamer slaap” het ek nog die ding probeer red.

Ek sou enige iets doen om daardie situasie te red en om daardie man ’n slaapplek te gee. Iewers in my het ek gevoel dat hierdie nie net ’n gewone ‘penvriend’ is of loseerder nie. Daar het iets uit die man gestraal.

Na ’n baie lang ge “yes” en “no” het ons Timothy se kamer leeg, al haar klere en persoonlike goedjies na ons huis toe en O ‘Connor is in.

“Dis net vir 3 aande” het Timothy vir haar pa gesê.

 

Vir my het dit so gelyk asof Oom Charles nie meer omgee nie. Asof daar ’n vlam in hom besig is om dood te gaan.

Oom Charles het heeldag in sy kamer gebly, net uitgekom tydens etenstyd en elk dag minder belang gestel in die politiek asook die losieshuis. Hy het selfs minder sy pak klere met die mooi hoed gedra.

Op ’n dag het ek vir hom gevra wat dan kwel?
“Nee, niks nie.” het hy gesê in daai diep rasper stem.
“Maar oom is nie meer dieselfde nie” het ek aangehou
“Mense verander. Jy sal sien” en dit was asof dit die einde van die gesprek was. Sommer net so. Stop.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: