Timothy was in matriek.
Ek en Timothy het baie middae saam studeer.
Sy het gesukkel met Biiologie en ek het met Wiskunde gesukkel. Sy was baie knap met somme maak. Ek het altyd gesê dat sy ’n rekenmeesters moet word, dan lag sy en sê nee, dis ’n man se werk. Ek gaan ’n mannekyn word.
Sy het dan haar kop skuins gedraai, haar rug regop getrek en soos ’n vrou op die voorblad van ’n tydskrif gesit. Dit was so mooi.
Wat gaan jy eendag word? het sy vir my gevra.
O genade, ek het nog nooit so daaraan gedink nie. Ons is amper ‘uit die hok uit’ en wat dan.?
“Ag, ek sal maar hier in Tweeling bly. Die Vrystaat is in my bloed. Dalk ’n algemene handelaars winkel oopmaak. Of so iets. My pa wil hê ek moet in die koperasie saam met hom werk. My ma wil he ek moet onderwys gaan studeer. Wat is ’n mannekyn?” het ek daardie dag in hulle ‘groot’ sitkamer gevra.
Sy het gelag, opgestaan en meubels weggeskuif. Sy het toe op en af gestap, hande in die sye, heupe wat swaai en kop wat links en regs swaai, so mooi. Sy het haar skoolromp so effens opgetrek en die stukke by haar panty ingedruk om ’n minnie skirt voor te stel.
My mens, my mond het oopgehang. Elke keer as sy ’n draai maak en haar een voet so voor haar uitstoot en weer uitskiet met die wegstap het ek hande geklop. Ek het toe sommer ’n plaat opgesit met die strause’s walse. Timothy was in die hemel.
Ek onthou nog baie goed dit was so laatmidag toe Tannie Hessie bietjie op die bed gaan lê het en oom Charles ‘n draai in die dorp gaan maak het, soos sy gewoonte nou maar was…net ’n draai gaan. Baie stadig.
Ons was so in vervoering met die musiek en Timothy se natuurlike vermoee om ’n mannekyn te word dat ons glad nie agtergkom het dat daar ’n ekstra paar oë is wat ons dophou nie. Toe hy ook hande klap vir die voldraai wat Timothy doen sonder om haar balans te verloor, skrik ons. Dit was die prokureer wat in die deur gestaan het.
“Netjies, baie netjies” het hy met ’n glimlag gesê, sy baadjie-knoop losgemaak en stewig op altwee voete gaan staan.
Ek het die plaat afgehaal.
“Nee, los dit laat die speel. Dis die Blou Denube” het hy gesê.
“Maak nog ’n draai op die vloer” het hy vir Timothy gesê. Ek het eers gedink die man gaan haar vra vir ’n dans. Kan jy jou voorstel as Oom Charles dit moet sien?
Natuurlik het Timothy van die aandag gehou. Ek kan nie ontou of ek ook van die aandag gehou het nie. Maar nou dat ek terugdink, dis nie juis ek wat die aandag gekry het nie. Dit was Timothy en Timonthy alleen.
Die Prokuerrertjie het nog so gestaan en glimlag met sy hande in sy broeksakke toe oom Charles se gesig agter hom verskyn het. Oom Chales het so oor die Prokureertjie se skouer geloer en vir Timohty gewaar wat op en af stap op die maat van ’n Straus Walz.
“Wat de donner gaan hier aan” het sy stem deur die sitkmar gebulder.
Timothy het haar skoolrok uit haar panty se rekke geruk.
Ek onthou dat ek maar net grootoog daar gestaan het. Dis beter om nie ’n woord te sê nie.
Timonthy het langs my kom staan.
“Vir wat staan jy met so kyk in jou oë?” het oom Charlers geskreeu.
Jy kyk my dogter aan asof sy ’n advertensie is. Ek het geweet hierdie ding gaan nie deug nie. Julle mannejties van die stad is net agter een ding aan. Vandag is daar moord hier in Tiemie straat. Ek sweer voor God dat ek jou nek sal breek. Trap. Trap…Vat jou goed en Trap” het oom Charles op die arme prokureer geskreeu.
Tannie Hessie wat die gedoente aangehoor het kom ook die sitkamer binne met haar hand op haar bors soos sy altyd doen as daar moeilikeid is.
“Wat gaan tog aan Charles?”
“Kyk hier Hessie, kyk wat veroorsaak hierdie losieshuis. Dis ’n bordeel. Ek kan dit nie duld nie. Toe, vat jou goed mannetjie” het Oom Charles gebulder.
Die Blou Denube het aanhou speel, die prokureer tap die ritme met sy skoene en Timothy staan en bewe soos ’n riet.
Ek moet tog by sê dat ek daardie dag so jammer vir oom Charles gevoel het. Ek kon die ‘wild” in sy oê sien. As ek nou so terugdunk, verbeel ek myself dat daar selfs witterige skuim in sy mondhoeke was en die reuk van Salpeter het uit hom gestraal.
Timothy het haar min aan har pa se gebulder gesteur. Sy het aanhou glo dat sy tog ’n sjarmante mannekyn gaan word en net die feit dat die prokureer haar openlik bewonder het, het die vuur nog sterker in haar laat brand. Daar was nou geen stop aan Timothy en haar mannekyn loopbaan nie.
Nadat die prokureer daar weg is, sak en pak, het oom Charles vir Timothy geroep om by hom op die stoep te sit. Sy het geweet dis die groot aanpraat, en sy was tog voorbereid daarop gewees.
“Maar pa, ek kan nie hier op Tweeling so versukkeld sit nie. Ek het ’n blink loopbaan wat ek wil volg. Daai prokureer het dit self gesê. Ek het alles wat dit vat om ’n mannekyn te word. Alles” en sy het haar hande weer in haar heupe gedruk en haar kop so skuins gedraai.
“Timothy…” het oom Charles saggies begin praat.
“Daar is niks fout met Tweeling nie en niks fout met hierdie huis nie. Hier sal jy bly. Jy gaan met ’n boer trou, kinders kry, my kleinkinders, en Sondae gaan ons saam eet. Elke kersfees gaan ons as family bymekaar kom, boekevat en geskenke gee. Dis klaar. Finish” het oom Charles sommer daai engelse woord, wat hy tog so haat, bygevoeg.
Oom Charles se gesondheid het by die dag meer en meer agteruit gegaan. Eers maagkwaal, toe lewer, toe sy niere, toe sy kop en sy bors. As die een kwaal genees, dan steek ’n ander kwaal weer sy kop iewers uit.
Intussen kom en gaan die loseerders. Dis so asof Oom Chalres heeltemal opgegee het om die losies huis storie te stop.
“Dit baat tog nie. As Hessie ’n ding beet het, laas los sy nie sommer nie” het hy gesê.
My mens, dit was ’n gedoente in Tweeling. Almal het oor Hessie se Nessie gepraat en oor die loseerders wat met honger oë na Timothy kyk. Oom Charles het gemaak of hy dit nie sien nie en Tannie Hessie het net die geld blik dopgehou en gesien hoe die blik vol raak, vir Timothy se geleerdheid.
Oom Charles het so ver gegaan om Skoolhoof toe te gaan sodat dié tog maar sin in Timothy se kop kon praat. Timothy het haar nie gesteur nie en net so met haar hande voor haar gevou, na die skoohoof gestaan en ‘ge-ja-meneer-nee-menner”….net om die man se mond stil te kry….
Ek moet ook sê dat ek en Timothy net 4 maande van mekaar verskil. Dis die enigste niggie wat ek het, of altans wat ek dink ek het. Sy het altyd gesê dat ek haar deur matriek gehelp het. Sy het eendag vir my gesê toe ons nog so onder die peerboom gesit het:
“Neef, het jy al ooit ’n brief oor die pos gekry?” en toe kyk sy my aan asof sy my jammer kry.
“Nog nooit nie, Timmy”
“Hoekom nie?”
“Niemand skryf vir my nie”
“Kry iemand om vir jou te skryf. ’n Penvriend. Kyk, hier is ’n boek. En in die boek is ’n hele bladsy vol van penvriende”
“Maar hoe werk dit?”
“Kyk, al wat jy doen is dat jy deur die advertensies lees en besluit watter een ’n goeie vriend kan wees. Dan skryf jy ’n brief, stel jouself voor en pos dit. Dan skryf die mens vir jou terug, as hy belangstel”
“Net so?”
“Ja. Kyk hier is een.”
Leave a Reply