Tannie Hessie het ’n kennisgewing bordjie gemaak sommer so met die hand op ’n stukkie plank geverf. Hessie se Losieshuis. Sy het toe nou maar van die Hessie se Nessie, idee vergeet, maar op die ou end het almal maar van Hessie se Nessie gepraat. Net op die boeke was dit Hessie se Losieshuis.
Die heel heerste klient was ’n prokureer van Bloemfontein .
Tannie Hessie, Oom Charles en Timothy het nog so op die groot rooi stoep gesit en tee drink, dit was seker so teen 11 uur se kant, toe ’n motor voor die hek stilhou.
Oom Charles druk die kromsteelpyp in sy mond, tannie Hessie druk haar hare in haar nek plat en Timmothy trek haar oë skrefies om beter te kon sien.
“Ja, toe Hessie, hierdie lyk soos iemand wat blyplek soek. Ek sien dit sommer so in sy kyk” het Oom Charles gesê.
Daardie woorde was die begin van baie nuwe kliente. Tannie Hessie het nooit geweet wat hy bedoel met ‘daardie kyk’ nie, maar elke keer as iemand verby die losieshuis gery het en in die rigting van die deur gekyk het, het oom Charles gesê dat hy die ‘kyk\’ in die oê kan sien.
Die prokureer het vir een maand gebly. Stil en netjiese man. Hy het nie veel gepraat nie. As hy in die middae van die werk af kom, het hy kamer toe gegaan en dan net vir aandete uitgekom net om weer te verdwyn. Hy het ’n ligbruin pak gedra. Amper so ’n artappel kleur. Netjiese hemp en das wat by die eerste knoop van die baadjie met ’n dasspeld vasgemaak is. Sy broek is in ’n netjiese plooi gestryk, van bo by die heup tot onder by sy skoene wat blink. en op sy skoene het die broek se soom netjies gerus met ’n parmantige ‘turn up’ in die pype.
Sy skoene het ’n effense hakkie wat so klip-klip as hy op die sementpaadjie stap. Om alles mooi netjies af te rond het hy ’n donkerbruin hoed op met ’n ligbruin lint al om die kante.
Oom Charles het laat hoor dat hy tog van die man se styl hou, maar dat hy nie baie vattigheid het aan prokureers nie. Hulle lieg vir jou met ’n eerlike gesig, het hy gesê.
Tannie Hessie het nie besef dat so baie dinge moet veradner as daar loseerders inkom nie. Ewe skielik eet hulle nie meer alleen, as huisgesin, nie. Daar is ekstras by.
Daar sal ’n ekstra bord gedek moet word, ekstra skottelgoed, ekstra beddegoed ekstra alles. Maar die ergste is daai ekstra asem in die huis. Dan praat ons nie eens van die ekstra paar oë wat altyd vir Timothy aangekyk het nie.
“vir wat kyk die mans so vir Timothy?” het oom charles gevra.
“Omdat sy ’n mooi meisiekind is, Charles, mense kyk” het sy gesê en toe las sy aspris by, “Die aantreklikheid van haar kom van jou deel van die familie af” net om te sorg dat Oom Charles hom nie onnodig vererg nie.
Huisgodsiens het ook maar weggeval en dit was ’n bitter pil vir oom Charles om te sluk.
Soos daardie heel eerste loseerder met die heel eerste aandete met die heel eerste huisgoedsdiens.
“Gaan haal die boek vir ons asseblief Timothy” het hy, soos altyd, vir Timmothy gevra
Sy het die Bybel gaan haal en dit langs hom, op sy linterkant, neergesit. Hy het dan baie stadig sy bril uit die brilkassie gehaal en stadig opgesit. Soms het hy die bril weer afgehaal, die lense in sy mond gesit om dit te wasem en dit dan afgevee met die sagte lappie wat in die brilkassie is.
Die loseerder het ongemaklik rondgeskuif. Eers het hy na Tannie Hessie gekyk, toe na oom Charles en toe vir Timothy, dalk net ’n bietjie te lank na Oom Charles se sin, na Timothy gekyk.
“Alles reg?” het Oom Charles gevra en so oor die brilraam na die Prokureertjie gekyk.
“Ja, ja, meneer, alles reg. Dankie vir die kos, Mevrou. Ek gaan maar inkruip” het hy gesê.
“Gaan jy nie bly vir huisgoedsdiens nie?” het oom Charels gevra.
“Nee, wat dankie. Ek sal dit in my privaat doen” het hy gesê, sy stoel agtertoe gestoot, opgestaan en die stoel weer netjies onder die tafel ingestoot.
“Sê my, vir watter party stem jy?” het oom charles gevra.
Tannie Hessie het hom so onder die tafel ’n skop gegee. Tannie Hessie het altyd gesê dat mens Godsdiens en politiek uit gesprekke hou. Dis die resep van ’n groot baklei daardie.
“Ek stem nie, Meneer”
“Nou maar goed, menneer. U kan maar gaan. Laat weet as u iets benodig in die kamer en lekker slaap” he Tannie Hessie vinnig ingepraat voordat om Charles nog verder oor die politiek kan aangaan.
So in die wegstap het Timothy hom agterna gekyk, af in die gang, tot hy in sy kamer verdwyn het.
“Vir wat kyk jy die man so, Timothy?’ het Oom Charels gevra.
“Ek kyk maar net”
Dit was die begin van groot kommer vir die Benson gesin.
Leave a Reply