vandag:
daar is nie ‘n datum vir die dag nie, nog minder ‘n tyd of plek. Net ‘n groot Niks, ‘n groot Hoekom en Waarom?
As die huil opgehuil is, bly daar soms niks oor nie, en vandag het ek met die bondeltjie niks by die veearts uitgestap.
‘n Bondeljie waarin ‘n lyfie, nog sag en warm lê, maar geen asem.
Wat gaan van my sonder jou word, sonder jou, sonder jou, wat word van my.?
O, bly by my, bly by my, bly by my….jy is my kompas, my rigting, my Noord, my reëboog, my lag, my hartklop, my siel en my wêreld.
Sonder jou is dit niks.
Rus sag my liewe Daizy
So verskriklik sad. Jammer
LikeLike
Dankie….dis baie hartseer.
LikeLike
Jammer, dis ‘n seer wat nie maklik genees nie. Sterkte.
LikeLike
dankie Hester…ek sukkel maar so bietjie xxx
LikeLiked by 1 person
My hart huil saam met jou.
LikeLike
dankie my geliefde mens…
LikeLiked by 1 person