Wees lief vir my, want ek probeer
die liefde aanraak met die verstaan
van onsekerheid.
Wees lief vir my in die skadu van besluite,
want ek streef na kennis.
Wees lief vir my in die stilte van my seer
en die lawaai van my warboel
Wees lief vir my vir die liefde van my hart
en nie die vrees van my gedagtes.
Wees lief vir my in die soeke na die waarheid
Alhoewel ek oor die dwaling sal struikel.
Wees lief vir my waar ek my drome jaag,
soms is hulle kruppel, ek weet.
Wees lief vir my soos ek myself leer ken,
selfs in tye wanneer ek stagneer.
Wees lief vir my sonder enige verwagtinge,
maar met hoop,
Vir jou sal ek dieselfde lief wees.
Leave a Reply