Sy was die mooiste roos. Groot, rooi en haar soet reuk het deur die tuin getrek, sommer tot so binne in my eetkamer.
Maar toe kom jy en maak van haar ‘n groot, blink, rooi soet appel. Maar jy het ‘n hap daaruit gevat…sommer daardie stuk uitgespoeg en die res van die appel op die grond neergegooi vir die kraaie om verder te verslind….en jy dink jy is ‘n blomtuin?…
Leave a Reply