“Dis van afkyk na julle goeters in julle hande en knoppies wat julle aanhoudend druk, dat julle niks meer om julle raaksien nie. Dis van ‘n gevroetel met ‘n ding so groot soos ‘n sakboekie in jou hand dat jy nie meer vir die vreemdeling glimlag nie, ook nie meer die Jasmyn in die vroegaand ruik nie, praat nie eens van die koffie en die scones op die tafel nie. Nee, so kan ons nie aangaan nie” praat Tannie Hessie Benson met iemand op die telefoon.
“Jy moet maar sorg dat jy kom kuier. Hierdie ding moet uitgeroei word. Hierdie siekte wat die mense nou het moet genees word. Ek kan dit nie alleen doen nie. Is dit net ek wat nog die Jasmyn ruik of die bloeisels sien. Daardie wonderlike soet reuk van die klokkies-blomme wat tot in die boonste boomtoppe kan rank is nou daar vir niks. Wat gaan van ons word? “ kletter Tannie Bessie die telefoon rooi-warm.
Ek wonder of sy werklik met iemand aan die ander kant praat, of praat sy maar net omdat praat praat is en dit uit haar siel moet kom?
Dit maak nie juis vreeslik saak nie, want 2 dae later kom daardie Alfonso mannetjie van oorsee hier aan met klomp skoenbokse onder die arm.
“En dit?” vra ek
“Kindjie, ons gaan die wêreld verander. Ons gaan ‘n nuwe asem in die mensdom se longe inblaas totdat daardie bors van trots opswel. Hierdie afval-gesprekke op gedoentetjies moet tot ‘n einde kom. Hierdie tweedehandse vriendskappe van mense wat sit en lag vir die elektroniese snert in hulle hande gaan stop. “
“Maar Tannie, dis die 21 ste eeu. Ons moet dit doen”
“Jy gaan net soos hierdie klomp om ons word. Kan jy nie sien die wêreld gaan vergaan nie? Kom Alfonso, haal daardie wolle uit. Ons moet begin”
“Waarmee begin, Tannie” wou ek weet.
Ek wou eers loop, maar dinge lyk vir my heel interessant en Alfonso lyk die meeste interessant.
“Kan ek jou nr kry?’ vra ek vir Alfonso
Hy frons
“Is jy op Whats app?” vra ek weer
Dit lyk of hy wil huil.
“Wat is jou profile naam?”
Dit lyk asof hy sweet.
“Kom kindjie, ons moet begin vleg. Dis diep winter en die Lente is om die draai. Vat vir jou ‘n rooi en wit wolletjie en maak ‘n armbadjie. Kyk, jy moet dit so om vleg en dan bind jy dit so vas.”
“Peep Peep” skreeu my foon
“Sit daardie antichrist af. Geen mens kan armbanjies met so dink op die agtergrond vleg nie. Alfonso, vat nog ‘n stuk wol en draai dit so om.”
Toe ek ‘n stukkie wol vat en begin vleg, kry my telefoon vlerke en vlieg tot bo in ‘n boom. My iPad kry eendvoete en swem weg. Al wat oorbly is die wol in my hande..
“Kind, rol daai wol so om. Jy mors. Hierdie is spesiaal. Knoop dit behoorlik vas.”
“Ja Tannie, maar wat gaan hier aan. My foon is weg. My iPad ook.”
Toe ek weer sien, sluk die boom my telefoon in en die iPad word ‘n waterval. Dis vreeslik mooi.
Daardie middag sit Alfonso, Tannie Hessie en ek met bokse vol rooi en wit wol armbadjies
“Kom kind, ons moet hierdie goeters gaan aflewer.”
So stap ons straat af en elke mens by wie ons verby loop kry ‘n armbadjie. Die hele dorp gons al en almal het rooi en wit wol om die arms.
So gaan staan Tannie Hessie onder ‘n appel boom.
“Hierso, Alfonso, dis joune. Kindjie, hierdie een is joune. Sit dit aan”
Alfonso sit sy wol bandjie aan sy regterarm en hy gee vir Tannie Hessie ook een.
Die hele winter stap die hele Tweeling met rooi en wit wolletjies.
Toe die lente kom, en die eerste bloeisels kom sit aan die bome, hardloop Alfonso en hang sy armbandjie aan die boom. Tannie Hessie sien haar peerboom begin knop en hang hare daaraan.
Ek hang myne toe aan die perskeboom.
Daardie somer gebeur ‘n wonderlike ding in Tweeling. Die bome dra swaar aan al die vrugte, die boere se landerye is groen en ryp (ek en Alfonso ook)
Terwyl Tannie Hessie Benson vir ons tee maak toe ons op die stoep sit, skryf Alfonso iets op ‘n papiertjie. Dis sy adres.
“Ek het nie ‘n telefoon nie, maar kom kuier by my as die somer verby is. Ons kan lekker gesels en lag. Ons kan sommer gaan blomme pluk ook” En hy smile vir my.
Mmmmm hier kom ‘n ding!
LikeLike