DIE VISSERS EN ‘n AREND

“kyk, die see is lekker plat vandag. Kom ons vat sommer daardie skuit wat daar staan om uit te gaan en vis te vang. Vandag wys ons die vissers hoe daar gevis moet word” sê die een man vir die ander. “maar ons is nie regte vissers nie. ons ken nie die see en die skuite so goed nie” sê die een man.
So vat hulle die skuit en hulle gaan see in.
“kyk hoe loop die vis. ons hoef nie regte vissers te wees nie. Ons vang mandjies vol. Ons gaan goed ryk word uit hierdie vis” sê die dikker een op die skuit.
Toe hulle mandjies vol is en hulle wil terugroei na die jettie se kant toe, hoor hulle ‘n diep stem vanuit die water kom. ‘n Magtige stem wat uit die diepe maag van die see kom, selfs uit die riwwe van elke donker hoekie. Toe hulle weer kyk, kom daar ‘n skip wat duisend jaar gelede gesink het uit die water uit. Die “visser word bang”….
Op die kant van die skip staan daar klomp mans.
“Dis mos seerowers daardie” skreeu die een kamma-visser.
“hulle gaan ons beroof” sê die dikker een.
Toe die vissers weer kyk, kom daar ‘n swerm voëls uit die skuit gevlieg. Geelvink, kwikstertjie, Piet-my-vrou, katlagter, kiewiet, kwêvoeël en klompander. Hulle sirkel toe om die kamma-vissers se skuit. Daar vat elke voeël ‘n mandjie met die vis in en gooi dit terug in die see in. hulle vat selfs die kamma-vissers en gooi hulle die see in. Die seerower skuit met seerowers en al sink weer weg en op die verste horison kom die mooiste arend aangevlieg. Met sy groot vlerke stoot hy die skuitjie terug tot op sy plekkie by die jettie.
So om die draai kom die regte vissers aan.
“hiert jy…” sê die een. “kyk hoe mooi blink is die see. hy lê soos ‘n spieel en kyk hoe mooi staan onse klein skuitjie hier. vandag gaan ons visvang”
Die regte vissers gaan uit, en hulle vang Galjoen, Geelstert, Snoek, Bottervis en sommer klomp ander visse.
Soos hulle terugkeer jettie toe en die visse op die sement blad uitpak, sit die groot arend op die dak van die stoor en glimlag.
“Hey, Cierenberg” skreeu die een visser.
“kom kry vir jou vis, soveel soos jy wil he. sommer so verniet, grates, pasella”. En die arend knip so oog vir my, maak sy vlerke oop en vlieg laag oor die eerlike vissers….ek verbeel my ek hoor hom praat, “jou skuit van waarheid is hier. vat die vissies en gaan eet lekker”. Die vissers lag uittand lag, die arend gee ‘n oorwinnings kreet en ek gaan haal my mandjie vol vis.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: