So teen vier uur in die middag roep oupa die kleinkinders nader
“Kom Oupa sny vir julle ‘n stukkie biltong. Kyk, ons pak dit op ‘n stukkie dikgesnyde brood met baie botter op. Ouma het gebak in die ou oond. Ruik net hoe lekker ruik die brood”
Die klein kinders gaan sit op die grond langs Oupa waar hy in die laaste middagson
in die sonkamer sit.
“Sal Oupa vir ons ‘n storie vertel?”
“Natuurlik. Eet net eers die brood met die biltong op. Kyk, daar is ‘n ekstra stukkie vet aan”
Oupa het dan sy bene gekruis en dan het die kleinkinders, in beurte, so op Oupa se voet gesit en Oupa maak sy been so op-en-af….op-en-af….sodat elke kind ‘n bietjie perd op sy voet kan ry….Dan lag die kleinkinders, Oupa lag uitasem en Ouma is tevrede.
“Kerf nog so stukkie biltong, asseblief my ou Man” vra Ouma.
Oupa het die wonderlikste gawe gehad om perd-perd met die voet te speel en biltong te kerf op dieselfde tyd….sonder sukkel.
Dit klink hemels. Ek is nou sommer honger.
LikeLiked by 1 person