ONS LENTE TAFEL

ONS LENTE-TAFEL

 

Die ou houttafel in die kombuis staan gereed soos ‘n verhoog wat versier moet word.

Sy skud die spierwit tafeldoek in die lug uit, so asof sy die kreukels wil wegskud.  Nog ‘n skud, nog ‘n wikkel en dan val die wit tafeldoek oor die houttafel. Sy vryf die kreukels versigtig met haar handpalms uit, so van die binnekant van die tafel na die buitekente toe.  Sy staan terug, kyk aan die linkerkant van die tafel, dan die regterkant om seker te maak die doek hang nie oneweredig nie.  Die tafel moet perfek lyk.

Sy hou die staple borde onder haar arm so teen haar lyf vasgedruk en begin die borde een vir een uitpak.  Netjies voor elke stoel

Sy staan terug, bekyk die tafel en glimlag.

Dan die kleinbordjies wat aan elke bord se linkerkant neergesit word.

Die vurk word mooi aan die regterkant gesit en die mes links.

“Ek moet net die die nagereg lepel vergeet nie” dink sy

Sy staan terug, kyk na die tafel en glimlag.  Dis mooi.

Sy vryf elke nagereg-lepel met ‘n doek blink.  Skitterblink soos sterre.

Sy tel die een lepel op en hou dit voor haar gesig. Sy sien haarself in die holte van die lepel, maar hoekom sal haar gesit onderstebo in die lepel le?…

Dit pla haar.

 

Die tafelgoed lyk mooi en netjies op die tafel.  Nou net vir die blomme.  Daar moet baie blomme wees.  Dalk bloedrooi rose gaan pluk en hulle in ‘n mooi deurskyndende faas sit sodat mens die stingels kan sien.  Sy besluit om ‘n paar roosblare sommer so op die tafel te gooi. Die rooi en wit lyk baie mooi saam.

Nou word die kos aangedra.

Gebakte hoender, goudgeel.

Groenbone met bietjie knoffel, nie te veel nie.

‘n Uitgepakte slaai.

Soetpampoen met ‘n kaneelstofkkie en baie bruinsuiker.

Die mooiste gebakte aartappels met sulke gou puntjies soos die oond hulle gebak het…

Dan die poeding. “n Roly Poly met vla.  Dik, gou vla met baie vanilla in.

Die tafel is so mooi.  Dis kleurvol. Dis lente.  Dis so baie blomme en kos….

Sy het die tafel vir my gedek. Ek weet sy wag daar vir my.

“Hou my plekkie by die stoel wat op die tuin uitkyk” vra ek…sodat ek die blomme kan sien en die beeldjie van die twee sement-poppies wat by die kraan sit en hande vashou.  Hou my plekkie oop.

“Vir Sattie”

Advertisements

2 thoughts on “ONS LENTE TAFEL

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: