TOON SE KOOR

Ons sal nou nie weet of dit die waarheid is wat uit Toon se mond gekom het die dag met die haelstrom nie. Sommige mense glo dit, ander nie. Sommige tannies van die kerk bid elke dag vir die saak, sommige kinders by die skool skryf rap liedjies daaroor, die twee moederkerke het saamgesmelt en ‘n selgroep begin.

Die dorpskoor het saam met die plaaskoor gesmelt. Dit vanself is ‘n wonderwerk, want hulle het nooit om dieselfde vuur gesit nie. Dit het nou niks met kleur te doen nie, beweer Tant Hessie, maar ek weet darm nie. Die Plaaskoor onder begeleiding van ‘n Mevrou Maraku het elke jaar die prys gewen vir: Beste verwerkings, Beste kostuums, Beste ontwerp en Beste algehele optrede.

Mnr Badenhorst van die Dorpskoor was bitter. Vir maande het hy “Die Voëltjies gaan koring sny” op verskillende sleutels geoefen. Van mineur tot majeur. Dag vir dag op ‘n ander sleutel.
Totdat Mevrou Koetzenburg van die skool-vir-stadige-leerders eendag vir hom sê:
“Badenhorst, dis nie die sleutel wat die probleem is nie, dis die deur wat jy moet oopsluit” en dan stap sy weer weg.
Die volgende week oefen Mnr Badenhorst “Die Voëltjies gaan koring sny” op gewoone middel C.
Mevrou Koetzenburg kom verby, en sê: “Badenhorst. Dis nie die sleutel wat die probleem is nie, dis die deur wat jy moet oopsluit”

Of Mnr Badenhorst dit verstaan het of nie, weet ons nie, maar daardie een Dinsdag namiddag met die koor-uitdinne, val sy koor heeltemal uit. Hulle word nie eens in ag geneem vir beste vertolking van “Voëltjies wil gaan koring sny”

“Wat het ek jou gesê” skreeu Mev Koetzenburg. Dis die deur wat jy moet oopsluit, en vergeet van die sleutel.

Dis nou hier waar ou Toon se storie inkom. Hy het voorspel dat die geelvisse in Mnr Badenhorst se visdam agteruit gaan swem. Hy het ook gesê dat sy kat water gaan drink en nie meer melk nie. Om die finale slag te gee het hy gesê dat geen sleutel in ‘n deur van sy huis gaan pas nie.
Mnr Badenhorst was woedend.
“Hoe durf jy?” skreeu hy

“Dis die sleutels” weergalm Koetzenburg se stem in sy kop….oor en oor en oor.

Laat daardie aand, net voordat Mnr Badenhorst sy lig afsit om te gaan slaap, hoor hy die mooiste stemme buite voor sy venster.

Toe hy by die venster uitkyk sien hy ‘n ding wat hom tot vandag toe nog in trane laat uitbars.
Mev Maraku begelei die mooiste koor wat hy nog gesien het. In die voorste ry staan klomp goudvisse wat agteruit swem, in die tweede ry staan katte met waterbottels en in die agterste ry hang klomp sleutels aan ‘n draad.

Hulle sing die mooiste verwerking van “Die Voëltjies gaan koring sny vanaand…” en dit nogal op middel C sleutel.

Mnr Badenhorst sit sy lig af en weer aan en weer af en aan om dankie te sê en daardie aand het Mev Maraku dit reggekry dat almal een word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: