AMEN

AMEN

nou stap ek ’n pad,
en dis ’n nuwe een,
opsoek na ’n land
sonder ’n naam
en ek kyk nie terug
want ek loop deur
son en reën.

’n stem skreeu nou uit…

ek is ’n man wat in
die grafte geleef het
en wie se kettings gebreek is

AMEN

ek was blind
nou sien ek

Sy skreeu nou uit…

“Wat as God teen my was?”

maar ek stap die pad
en ek weet dit is
nou tyd om te gaan,
tyd om te gaan

Ek skreeu nou uit…

“Ek het die pyn oorwin
Ek leef weer!”

Die verlede is
nou vir altyd verby en
ek skreeu….AMEN

Iewers in die wolke,
onder die sterre en maan
weet ek dat iemand
my sal vind

en ek hoor ’n
stem my naam roep
ek hoor haar stem
my naam roep

AMEN

en ek sê vir die pad,
die wolke, die wind
die vuur en die aarde,
dat ek al die skadus
agter my gaan los,

en ek skreeu

AMEN
AMEN
AMEN

Dis verby

“liefde maak gesond,
maar wie maak vir Liefde gesond?”

Advertisements

2 thoughts on “AMEN

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: