SEKELMAAN

SEKELMAAN

die lang dag het
knuppeldik in die holte
van die sekemaan gaan
lê met en met sy boepens

en glimlag groet hy
die dag koebaai en
gooi sy laaste wens
in die sekelmaan se pens

die lang dag het
knuppeldik in die holte
van die sekelmaan afgegly
en knipoog vir die nag

ek waai vir die maan
ek groet die nag
ek fluit vir die wind
en fluister saggies jou naam.

Wat is jou naam, sekelmaan
hoekom lê jy met jou
krom rug na die aarde
en staar skaam-skaam?

Liewe sekelmaan, jy het
vanaand jou naam gekry
saggies wieg jy my in die holte
van jou lyf, saggies

totdat die son more
oggend weer die dag
kom groet en jy kruppel-kruppel
op die horison wegstap.

tot later
sien jou later
tot later.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: