MY GELIEFDE LAM
my lam, ko’ staan hier naby my
sodat ek weer lekke kan kry
en saans as die sonnetjie sak
weer saam met jou kan vry
my lam, kom sit tog hier by my
sodat ek jou hand kan vashou
en jy vir my kan smile
sodat die smile aan my vasklou
my lam, gooi daar nog ’n brou
en kom sit hier langs my
onder die bontkombersie,
pure wit en blou
sodat die bont-wol-goings
op die koue sementvloer
hang waaronder Vlooi kan
inkruip en na ons loer
met een oog toe en sy
slap ore gereed vir elke
geluid van hier tot
in die plastiek-sakkie
vol los-lekkers, toffies
appelkosies, en suurklontjies
vir die keel as hy krap
kom, my Lam, kom sit
hier langs my sodat
ek jou hand kan vashou
en vir jou ’n klossie blomme
uit ons voortuin pluk
want vir jou het ek mos
lekker lief, lekker lief
my geliefde, Lam
vir jou het ek lief.
Leave a Reply