dit is’n mooi dag
die seison word groen
en hier en daar ’n blom
om rooi te bot
vroegoggend val die dou
en maak blink knoppies
op kappertjie blaar en
soet-jasmyn knoop weg die pyn
Dou, knoop my vas aan jou
en kleur my in met
jou reënboog wat laag
oor die horison krul
net soos ’n konings-kroon
met robyne, diemante en pure blink.
Ek verlang na jou, my reënboog,
jy sit tog iewers op ’n ster
en waai vir my met
jou blink-blink glimlag.
Jy fluit vir my en ek
sien jou agter ’n kruis
want gister is nou verby
en die lente lê diep
in die lug, tussen wilger-
en sering boom.
Kom kleur my in
Kom kleur my in
Kom kleur my in
asseblief
my dou-druppel
my reënboog
my kappertjie
my kruis.
Dis hemels mooi.
LikeLike