die saxofoon speler
se lang lenige lyf
wilger eers vorentoe
dan weer agtertoe
op die maat van
blou blues wat by die
mond van die saxofoon
uithoes
net soos die
suidoos in die kaap
die klanke van
stad en see na-aap.
die saxofoon speler
se wange bol rond
sy oë starend blou
net soos die blou blues
wat rustig by die
bek van die saxofoon
stuk stuk uitlek.
in die saxofoon sit ek
en droom van
haar wat ook eens
’n blou blou liedjie
was, nou is dit stil
shuut, slaap nou sag
shuut luister na my song
want more of oormore
is jy blink soos die aandster
Leave a Reply