DOOD VAN ‘N GELIEFDE

ek is nou jaloers
want jy sit ander-kant
die melkweg en volmaan
geheel ’n ander koers

jy het vir my op die hoek,
hier by die draai na links,
gelos die dag toe jy
jou stoomtrein laat hoes

en sluk-sluk wegry
met die klik-klak
kletter-klapper van die staalwiele
om die hoek, om die draai.

jy het gekorrel en gemik
vir die melkweg,
my boogskitter my sagitarius
op pad na die maan

ek is nou jaloers
want jou lag dans
by die suiderkruis verby
tot op die oggendster se stert

waar die son vir
die aarde glimlag
en die wind sy lag oor ons
uithoes, uitgorrel, uitblaas

dan, my geliefde boogskutter
weet ek jy lag
in die wind
jy lag in die

vroeg oggend sondag
bries, jy lag in die
ringnek duif
en jy wag vir my

want ek is jaloers
op jou doer tussen
melkweg en maan
met jou mannewales en al

ek is jaloers
ek is jaloers
ek is jaloers
ek is so jaloers

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: