By die Mark (prosa)
Sy volg die nou, klippaadjie na die klomp kleure van sambrele.
Sy hardloop tot om die eerste hoek, en koop ‘n nuwe boek,
want haar ou, houtboekrak het ‘n oop gleuf wat iets soek
Onder die eerste sambreel gaan sy staan en kyk na ‘n harlekyn met ‘n hartseer traan.
“Hoekom huil jy, Harlekyn?” vra sy.
“Ek huil, want my lag het verdwyn. My eie lag word ander mense se lag.”
Langs die volgende sambreel kyk sy in die lug op
en sowaar, daar neffen die son sien sy ‘n glimlag.
“Hokoem lag jy?” vra sy.
En net langs haar hoor sy die ou vrou sonder tande praat.
“Kindjie, by hierdie mark lag ons want lag maak gesond”
By die volgende sambreel gaan staan sy en loer onder ‘n doek in
“Wat is onder die doek?” vra sy.
“Onder die doek skuil ‘n wonderwerk van die allerlekkerste soet” sê ‘n bleskop man
Sy druk haar klein fingertjie in die soet en weet waarna sy vandag soek.
Sy koop ‘n potjie vol van die goud-geel soet
en knoop dit in haar drasak toe. In die ander hand klou sy aan die boek.
Die bles-oom loer oor ‘n ronde brilletjie en om sy mond lê daar ‘n goue druppeltjie.
“Moenie vir iemand sê dat ek van die goud-geel soet geproe het” sê die oompie
Sy lag uit haar maag en loer weer in haar drasak, want sy sien ‘n druppel soet is weg.
Sy dwaal deur die mark en kyk na mandjies vol vrugte, groente en rakke vol lap.
Sy drink gemmerbier en proe aan ‘n vars-uitgedrukte-lemoen se sap.
Sy stap nog ‘n entjie, verby die mooiste kleure van nog sambrele en eetgoed
tot by die harlekyn se traan en daar haal sy ‘n druppel uit, ‘n druppel soet.
Harlekyn se lag is terug
Die oop gleuf in die rak het ‘n boek.
Sy het ‘n pot vol lekker soet
Maar haar naam is nogsteeds op soek.
Mooi…
LikeLike