MUNSIEVILLE (2)

 

“Ja, kom maar nader.  Kyk my tuin.  HY is nie so mooi soos verlede jaar nie.  die mense het hom daar in die hoek bietjie plat getrap” se oom Willem

“Dis nogsteeds baie mooi.  Kyk hoe mooi staan die draadloos se batterye in die son” se ek

“Net soos soldaatjies”

“Ja, die son charge hulle so bietjie”

“Ek onthou. ONs het dit ook altyd as kinders gedoen.  Maar kom in.  Kom ek wys jou my huis aan die binnekant”

“Dankie”

Dis ‘n blikhuisie. Netjies

Dis sinkmure. Maar skoon.

“My bed staan maar hier by die deur se kant. As dit reen dan stroom die water deur die dak.  Ek het al vir soveel van die jong mense gevra om dit vir my te lap, maar hulle soek net geld”

“Ek is jammer, Oom”

“Ja wat, dis soos dit maar gaan”

“Mag ek asseblief ‘n foto van oom neem”

“Natuurlik”

Ek neem ‘n paar fotos, gesels nog oor sy katte, dak wat lek en die lewe in Munsieville. Dis ‘n harde lewe.

“Dankie oom”

Ons skud hand.

“Oom sal sien. Eendag sal oom ‘n regte egte dak he.”
“Ja, ons glo maar.”

“Oom se batterye sal ook teen vanaand gecharge wees”

“Ja, ek wil die diens op radio luister”

Met die wegstap, na die buurvrou se kant toe, wens ek vir die oom ‘n nuwe dak. Ek wens vir hom ‘n radio met baie batterye.  Ek wens vir hom alles.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: