“Boerkind, word wakker. Hier is brou vir jou”
(brou is koffie in my en Ousus se taal)
“Boerkind, hoe lank slaap jy al?”
Ousus, ek is moeg.
“Moeg van wat?”
Moeg van dink. Moeg van tel. Moeg van klippies optel. Moeg van skulpies optel. Moeg van engele bymekaar maak. Moeg vir die motorfietsman wat my pla. Moeg van Dingetjie wat in my oor fluister. Moeg, Ousus.
“Kom, Boerkind. Drink van die Balsem Kopiva”
Ek kan nie.
“Jy moet rus, Boerkind. Wie is die Motorfietsman?”
Hy was hier met ‘n motorfiets. Hy het my gevang toe ek van die dak afgesrping het. Hy het my hand vashgehou. Hy het my op die strand vasgehou.”
“Boerkind, sien jy spooksels?”
Nee
“Hier was nooit so iemand nie”
Hier was, jy het hom gesien.
“Nee, Boerkind, hier was niemand nie.”
Hy het saam met my vlakte toe gestap en toe deur ‘n skulp gekyk en gesệ dat hy ‘n engle sien.
“Nee. Jy verbeel dit. Daai ding is in jou kop”
Ek is mal, OUsus.
“Nee, man. Dis net ek wat hier was en altyd sal wees.”
Dankie Ousus.
“Ek het geknie. Hier is lekker brood. Ek het brou. Kom drink. Ek het liefde, kom vat. Ek het ‘n hart, kom lệ in my hart.”
Dankie Ousus.
“Kom, Boerkind. Rus nou sag. Maak toe jou oe. Rus nou saggies. “
Ek huil. Vir die eerste keer vandat sy daardie dag voor my dood is. Ek huil.
“Ja, Boerkind. Kom huil. Laat die traantjies maar rol.”
Ek huil.
Ousus wag totdat ek opgedroog is.
“Is jy droog gehuil, Boerkind?”
Ja.
“Nou goed, kom sit by my. “
Ousus sit haar hand op my bors, vryf my kop met die vlennie lap af, hou my hand vas en kyk vir my totdat my voete op die aarde vassit.
“Kind, ons is aan mekaar vas. Wat Die Here aanmekaar gesit het, kan niemand uitmekaar haal nie. Jy is nou my kind”
Dankie vir Ousus.
Dankie vir die see.
Dankie vir die onstuimige drome.
Dankie vir die gesigte.
Dankie vir die hallusinasies.
Maar dankie vir die lewe.
DIE EINDE VAN MY REIS, AFSONDERING EN EENSAAMHEID
___________________________________________________________________________
Dit voel sommer verkeerd om hierdie inskrywing te “like” want ek hoop rerig dis nie die laaste Kopreis storie nie. 😦
LikeLike
Dankie. Dit is die einde..vir nou
LikeLiked by 1 person
Ek hoop jy skryf sommer gou weer nog ander stories. Jou blogs is beslis een van my heel gunstelinge.
LikeLike
Jou verhaal het volsirkel geloop… maar ek voorspel ń nuwe soort reis van ń ander aard want dis hoe die lewe is… Sien uit daarna. Dankie dat jy hierdie reis met ons gedeel het.
LikeLike